Featured

AfriForum Musiekfees 2014

675 Views
Published
Duisende wys hulle steun vir Pretoria se naam

Duisende mense het vandag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te toon. Dié skare het ʼn Afrikaanse musiekfees by die monument bygewoon wat deur AfriForum ter behoud van die stad se naam gereël is.

Pretoria se 159ste verjaarsdag en die feit dat AfriForum nou meer as 100 000 lede het, is ook tydens die geleentheid gevier. Toegang tot die fees was gratis.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, toon die feit dat letterlik duisende mense by die Voortrekkermonument opgedaag het, dat mense baie sterk oor die stad se naam voel en dat hulle nie gediend is met hernude pogings om Pretoria se naam te verander nie. “As die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, die publiek se siening oor die naamkwessie ernstig opneem, is daar geen manier wat Pretoria se naam ná vandag se byeenkoms kan verander nie,” het Kriel bygevoeg.

Top Afrikaanse sangers soos Steve Hofmeyr, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Dans Dans Lisa, Pieter Koen, Arno Jordaan, Klopjag, Jakkie Louw, Thys die Bosveldklong, Jaco Labuschagne, Beeskraal Revival, Gert van Tonder en Fanie Botha en sy boere-orkes het tydens die fees opgetree om hulle steun vir Pretoria se naam te wys.

Kriel het aangedui dat AfriForum sal voortgaan om die fees jaarliks aan te bied om te verseker dat Pretoria se naam vir ten minste nog 159 jaar sal bestaan.
Category
Arno Jordaan
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment