Featured

Ampie - Saamstaan ft. Joost van der Westhuizen

444 Views
Published
Ampie - Saamstaan vanaf die album NIKS EN NIEMAND - NOU BESKIKBAAR
Director: Gerhard van Rooyen,
Editor: Tania van Twisk,
Production Company: Spheratical Productions,
Record Label: Hit Factory Records
2014

Joost van der Westhuizen het onlangs weer ‘n draai op Loftus gaan maak maar hierdie keer in sy rolstoel vir die splinternuwe musiekvideo van Ampie se liedjie, Saamstaan.

Joost het in die video gespeel wat die storie van sy lewe en loopbaan vertel. Joost het baie van die liedjie gehou vanuit die staanspoor en dit is gereeld by die J9-stiging se fondsinsamelings-funksies gespeel.

Ampie het besluit om ‘n musiekvideo daarvan te maak en Joost het dadelik ingestem om deel uit te maak daarvan. Hy het ook foto’s van sy lewe en loopbaan met ons gedeel vir hierdie spesiale video.

Die liedjie is op Ampie se album, Niks en Niemand, beskikbaar en Ampie is nog altyd ‘n groot ondersteuner van die J9-stigting. Daarom met die uitreiking van hierdie video onderneem hy ook om van elke CD wat verkoop tussen nou en einde Februarie R1 aan die stigting te skenk en verder vir dieselfde termyn van elke nuwe konsertbespreking R500 te skenk.

Hierdie is ‘n video wat die storie van ‘n Suid-Afrikaanse legende vertel en raak beslis ‘n hartsnaar!
Category
Ampie
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment