Latest Articles

  • Koffie jou lekker ding!

    Vandag het ek weer sulke lekker koffie gedrink daar by 'n sport byeenkoms. Koffie bly nou maar eenmaal 'n ding wat mens nie kan verby kyk nie. Dit is wêreldwyd mos maar iets wat enigiemand kan geniet. Maar veral in Suid Afrika is jy ongeskik as jy nie 'n koppie koffie aanbied wanneer iemand kom inloer nie. Dit help darem terwyl 'n mens so oor die politiek peins en voorspellings maak van wat gaan gebeur. Die boeretroos is darem iets wat ons al deur die ergste gedra het.

    Wat is die herkoms van die woord "boeretroos?" In my soektog kom ek toe mos af op hierdie brokkie geskiedenis. Bon Apetit op Facebook skryf die volgende:

    Waar kom die woord ‘boeretroos’ vandaan?

    Die ou Voortrekkers was eintlik groot teedrinkers en dit was blykbaar hoog mode in die Kaap om tee te drink.
    Koffie het maar ’n tweede plek ná tee gekry.
    Tydens die Groot Trek het die voorraad tee wat saamgeneem is, baie gouer opgeraak as die voorraad koffie wat ook ingepak is.
    Later het selfs die voorraad koffie opgeraak, met die gevolg dat die Voortrekkers ’n ander plan moes maak.
    Hier het die gebruik ontstaan om die wortels van die witgatboom te rooster en fyn te maal en daarvan koffie te maak.
    Blykbaar het die uitdrukking “Kan ek vir jou gat gooi?” dan ook hier sy ontstaan gehad.
    Voorts het die woord “boeretroos” ook hier ontstaan.
    Omdat daar nie meer koffie was nie, moes die “koffie” wat van witgatwortels gemaak is, die boere maar “troos”.

    'n Ander ding wat ek nou aan terugdink is daardie advertensie met Jan Spies wat so eie afrikaans is. Ek het dit weer gaan soek. Hier's hy weer

    Jan Spies Cremora Ad

    Dit het my weer lekker laat terugverlang na die moer koffie daar in Calvinia op my oupa se plot. Ek dink ek gaan sommer nou vir my 'n koppie boeretroos gaan maak.

    Read more
  • Klein Karoo Nasionale Kunstefees - Oudtshoorn

    Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het as doelstelling om 'n platvorm vir die kunste te skep.

    Die fees is een van die primêre feeste op die feeskalender geword. Die fees hardloop al vir meer as 20 jaar en is bekend vir die verskydenheid en kwaliteit van kunsvorms wat dit aanbied.

    Die fees bied 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite en daar is iets te doen vir die hele gesin.

    Die feesterrein is die middelpunt van al die aktiwiteite wat aangaan en bied 'n verhoog met verskeie kunstenare wat optree om die massas gelukkig te hou. Daar is ook verskeie uitstallings wat fokus op kern groepe gefokus.

    Daar is kunsmarkte, optredes en uitstallings wat die nuutste giere en temas van die Afrikaanse samelewing weerspiëel. En ook natuurlik is daar meer as genoeg plekke om jou dors te les en iets te kry om te eet. Die area is ook bekend vir hulle volstruise en dalk kan jy 'n uurtjie afknip om meer te leer van hierdie voël wat Oudtshoorn eertyds op die kaart geplaas het.

     

    Read more
  • Calvinia Vleisfees

    Die Groot Rooi Posbus in CalviniaNet anderkant Vanrhynsdorp lê Calvinia. Hierdie gemeenskap in die middel van die Hantam bied elke jaar vir heinde en vêrre 'n smaakie van die lekkerste vleis wat jy al geproe het. Van Kaapstad af is dit so 4.5 ure se ry om die hele naweek jouself te geniet met kos en drinkgoed. 

    Die fees vind plaas op die laaste naweek in Augustus net betyds om jaarliks die Namakwalandse duisies te groet. Die gemeenskap snoer saam om 'n onvergeetlike ervaring te bied aan elke besoeker wat die pad aandurf na die skaapwêreld.

    Die fees hardloop al vir 25 jaar en groei van krag tot krag.

    Wat jy kan verwag

    • Vleis en nogmaals vleis!
    • Boeremusiek in die aande (danse).
    • Musiek in die arena
    • 'n Plattelandse dorp met baie interessanthede

    Webwerf: http://www.hantamvleisfees.co.za/ 

    Read more
  • Die Vlieënde Hollander

    Die Die Vlieënde Hollander is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n stormwind gesweer dat hy om die Kaap die Goeie Hoop sal vaar al duur dit ook tot die Oordeelsdag. Die legende hê dat hy nog altyd probeer om om die Kaap te seil. Die Vlieënde Hollander is glo deur baie seevaarders gesien, insluitende Koning George V toe hy as adelbors in 1880 op die H.M.S Bacchante was. Richard Wagner, die Duitse komponis, het die Vlieënde Hollander as tema vir een van sy operas gebruik.

    Read more
  • Racheltjie de Beer

    Hazel MinerDie legende

    Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n oornagkamp het die lede van die trek besef dat 'n kalf, een van die kinders se gunstelinge, weg was.

    'n Soekgeselskap is uitgestuur. Racheltjie en haar sesjarige boetie het ook daaraan deelgeneem. Nadat almal begin terugkeer het na die kamp, het die twee verdwaal. Toe dit donker word, het dit baie koud geword en begin sneeu.

    Racheltjie het besef die kans dat hulle die kamp sou vind, is baie skraal. Sy het 'n miershoop wat deur 'n erdvark uitgehol is gevind, haar klere uitgetrek, dit vir haar boetie aangetrek en hom gehelp om in die miershoop te klim. Daarna het sy voor die miershoop se opening gaan lê om die koue uit te hou.

    Die volgende oggend het die familie die kinders opgespoor. Racheltjie het nie die nag oorleef nie, maar haar boetie wel.

    Ongelukkig is die geskiedenis tydens die periode nie ordentlik gedokumenteer nie en is dit wel moontlik dat die kinders nie regtig bestaan het nie.

    Nuwe bevinding dat dit lyk of Rachel se verhaal op dié van Hazel Miner gegrond is

    In Oktober 2012 het twee joernaliste hul bevinding gepubliseer dat Rachel de Beer se verhaal merkwaardige ooreenkomste toon met dié van die Amerikaanse sneeu-heldinnetjie Hazel Miner. Hulle het dit bekend gemaak in By, 'n weeklikse bylaag tot die drie Afrikaanse koerante Die Burger, Beeld, en Volksblad

    Wat hul teorie blyk te versterk, was die byna gelyktydige verskyning van die twee verhale in die pers. Sover bekend, was die heel eerste verskyning in druk van die Racheltjie-verhaal in April 1921 in die Afrikaanse vrouetydskrif Die Boerevrou. Dit het die lig gesien slegs sowat 'n maand of drie nadat 'n Amerikaanse welsynstydskrif, The North Dakota Children's Home Finder, die (ware) verhaal van Hazel Miner aan sy duisende lesers vertel het.

    Die joernaliste het hul bevindings verder op 'n webbladsy uiteengesit onder die titel:Die laaste rits bewyse: Racheltjie is bloot 'n afspieëling van Hazel Miner

    Read more

Latest Articles

Most Popular

  • Antjie Somers
    Antjie Somers
    Antjie Somersis 'nSuid-Afrikaanselegende van 'n man wat bedags teen die hange vanTafelbergwoon, maar hom snags as 'n vrou...
  • Wolraad Woltemade
    Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die...
  • Die Vlieënde Hollander
    Die is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n...
  • Racheltjie de Beer
    Die legende Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n...
  • Beskuit
    Beskuit
    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is...