Search Results: koffie

  • Beskuit

    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is net 'n oneindeige praktiese manier om kos te stoor en te geniet. Toe ek klein was het ons altyd so die beskuit in die koffie gedruk totdat daar nie meer koffie oor was nie. Dan het ons sommer die beskuit met 'n lepel geëet. Alhoewel mens vandag verskillende soorte beskuit in die winkel kan koop, is die beste maar die wat in 'n ouma, tannie of ma se kombuis gemaak is. Dit is nou maar net so, dit smaak net beter. Vir die wat 'n bietjie meer wil weet oor beskuit en waarvandaan dit kom het ek sommer 'n bietjie info van wikipedia af gekry hieronder.

    Die vorige artikel wat ek geskryf het was oor koffie, en wat is koffie dan nou sonder beskuit?

    Die wiki sê oor beskuit:

    Beskuit is 'n tradisionele Afrikaanse gebak, wat saam met tee of koffie geëet word en selfs daarin gedoop word. Verskeie resepte bestaan waarvan die bekendste boerbeskuit, mosbolletjies en karringmelkbeskuit is. Die kommersiële "Ouma se Beskuit" is ook alom bekend. Beskuit word oorwegend saam met die oggendkoffie te eet, maar maak soms ook 'n verskyning by die laatmiddagkoffie en aandkoffie.

    In die platteland word beskuit as 'n stapelvoedsel beskou en verskaf dit soggens die nodige energie vir die dag se fisiese werk. In stedelike gebiede word dit ook, saam met ander koekies en beskuitjies, as 'n lekkerny geëet.

    Beskuit in sy huidige vorm het sy ontstaan gehad tydens Jan van Riebeeck se verblyf aan die Kaap. Brood was in toendertyd nog van Holland af ingevoer. Hy meld in sy Daghregister (III) op 23 September 1660 dat van die "cruymelbeschuit" vir die varke gegee moes word, waarskynlik omrede dit muf geword het. Suid-Afrikaanse beskuit verskil aansienlik van die oorspronklike Nederlandse beschuit in beide vorm en smaak en daar is tans in Suid-Afrika 'n wye verskeidenheid soorte beskuit beskikbaar, met basissmake soos anys, karringmelk of selfs hawermout.

    Beskuit kom van die Franse woord biscuit de guerre, 'n harde, haas oneetbare brood van meel en water wat vir soldate gegee is.

    Die eerste beskuitresepte verskyn in De volmaakte Hollandsche keuken-meid van 1761. Beskuit was in groot aanvraag gewees aan die Kaap vir mense wat na die binneland of oorsee gereis het.

    Read more
  • Koffie jou lekker ding!

    Vandag het ek weer sulke lekker koffie gedrink daar by 'n sport byeenkoms. Koffie bly nou maar eenmaal 'n ding wat mens nie kan verby kyk nie. Dit is wêreldwyd mos maar iets wat enigiemand kan geniet. Maar veral in Suid Afrika is jy ongeskik as jy nie 'n koppie koffie aanbied wanneer iemand kom inloer nie. Dit help darem terwyl 'n mens so oor die politiek peins en voorspellings maak van wat gaan gebeur. Die boeretroos is darem iets wat ons al deur die ergste gedra het.

    Wat is die herkoms van die woord "boeretroos?" In my soektog kom ek toe mos af op hierdie brokkie geskiedenis. Bon Apetit op Facebook skryf die volgende:

    Waar kom die woord ‘boeretroos’ vandaan?

    Die ou Voortrekkers was eintlik groot teedrinkers en dit was blykbaar hoog mode in die Kaap om tee te drink.
    Koffie het maar ’n tweede plek ná tee gekry.
    Tydens die Groot Trek het die voorraad tee wat saamgeneem is, baie gouer opgeraak as die voorraad koffie wat ook ingepak is.
    Later het selfs die voorraad koffie opgeraak, met die gevolg dat die Voortrekkers ’n ander plan moes maak.
    Hier het die gebruik ontstaan om die wortels van die witgatboom te rooster en fyn te maal en daarvan koffie te maak.
    Blykbaar het die uitdrukking “Kan ek vir jou gat gooi?” dan ook hier sy ontstaan gehad.
    Voorts het die woord “boeretroos” ook hier ontstaan.
    Omdat daar nie meer koffie was nie, moes die “koffie” wat van witgatwortels gemaak is, die boere maar “troos”.

    'n Ander ding wat ek nou aan terugdink is daardie advertensie met Jan Spies wat so eie afrikaans is. Ek het dit weer gaan soek. Hier's hy weer

    Jan Spies Cremora Ad

    Dit het my weer lekker laat terugverlang na die moer koffie daar in Calvinia op my oupa se plot. Ek dink ek gaan sommer nou vir my 'n koppie boeretroos gaan maak.

    Read more

Latest Articles

Most Popular

  • Antjie Somers
    Antjie Somers
    Antjie Somersis 'nSuid-Afrikaanselegende van 'n man wat bedags teen die hange vanTafelbergwoon, maar hom snags as 'n vrou...
  • Wolraad Woltemade
    Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die...
  • Die Vlieënde Hollander
    Die is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n...
  • Racheltjie de Beer
    Die legende Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n...
  • Beskuit
    Beskuit
    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is...