Search Results: oorlog

  • Voorbereiding vir die Anglo-Boereoorlog

    Ondanks die verslegtende verhouding tussen Kaapstad en die Boererepublieke in die laaste dekade van die19de eeu, was die Britte merkbaar swak voorberei vir oorlog aan die vooraand daarvan. Die vernederende nederlaag aan die hande van die Boere by die Slag van Majuba in die Eerste Vryheidsoorlog ten spyt, is die Boererepublieke nie as ernstige teenstander geag nie. Britse militêre intelligensie het gereken dat die Boere slegs 3 000 man in die veld sou kon plaas om kleinskaalse klopjagte in die Kaap en Natal uit te voer, terwyl hulle uiteindelik daartoe in staat was om sowat 30 000 berede manskappe in Natal alleen aan te wend. Die Britse opperbevelhebber, lord Wolseley, het geglo (en die Britse oorlogsminister, lord Lansdowne, het saamgestem) dat 'n garnisoen van 20 000 Britse soldate genoeg sou wees om Britse belange in Suid-Afrika te beskerm.

    In 1895, ná die Jameson-inval, was Kruger seker dat Brittanje op oorlog ingestel was. Hy het 'n klein staande leër op die been gebring en sy administrasie versterk deur knap, jong Afrikaners soos Jan Christian Smutsaan te stel. Daar is probeer om steun vir die Boere in Engeland en Europa te werf, maar geen tasbare steun is verleen nie. Die twee klein republieke het alleen teen die magtigste ryk in die wêreld gestaan. Toe Kruger gevra is hoekom hy teen so 'n oormag veg, was sy antwoord: " 'n Man sal nie 'n leeu aanval met 'n mes in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie." Die Boererepublieke het wel daarin geslaag om Duitse Mausergewere en Franse "Long Tom"-langafstandkanonne te bekom. Die Russiese tsaar het 'n paar veldambulanse voorsien en die Transvaal se artilleriekorps is deur Duitsers opgelei.

    Read more
  • Oorsake van die Anglo-Boereoorlog

    Die oorsaak van die oorlog is steeds omstrede. Aan die Britse kant was dit 'n polemiek vanaf die oomblik dat dit uitgebreek het. Anti-imperialiste, asook Marxiste, het die oorlog as 'n produk van 'n kapitalistiese sameswering gesien wat daarop gemik was om, deur middel van brute krag, die diamant- en goudvelde van die Vrystaat en Transvaal te bekom.

    Moderne interpretasies sien Britse beleid as gekaap deur radikale imperialiste soos Cecil John Rhodes en lordAlfred Milner, wat gevrees het dat die nuut gevonde rykdom van die Boererepublieke die droom van 'n Britse Suid-Afrika sou ontspoor. Rykdom het die Boererepublieke in staat gestel om hulself van Britse voogdyskap te bevry en om hul eie onafhanklike buitelandse beleid te volg, wat die deur kon oopmaak vir Duitse beheer van die belangrike Kaapse roete na Indië.

    Brittanje het daarop aangedring dat die Britse onderdane wat op die goudmyne in die Witwatersrandwerk, stemreg moes kry. President Paul Kruger van die Transvaal het geweier en gesê: "Hulle wil nie stemreg hê nie, hulle wil ons land hê". President Marthinus Steyn van die Vrystaat het hom by Kruger geskaar en die lot van die Vrystaat as dieselfde as die lot van die Transvaal beskryf.

    Read more
  • Anglo-Boereoorlog Oorsig

    Die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog (Engels:Second Boer WarNederlands:Tweede Boerenoorlog) was 'n oorlog tussen die Boererepublieke Oranje-Vrystaat en Zuid-Afrikaansche Republiek aan die een kant en dieBritse Ryk aan die ander kant wat tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei1902 in Suid-Afrika en Swazilandgewoed het.

    Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog, oftewel die Anglo-Boereoorlog, het vanafOktober 1899 tot Mei 1902 geduur. In hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ouTransvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, te staan gekom teen die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse en Natalsekolonies van Groot-Brittanje. Die hele gebied waarop hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.

    Oor die sowat twee en 'n half jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.

    Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal en al vernietig deur die "Verskroeideaardebeleid" wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het in die oorlog gesneuwel, en minstens 20 000 Boere en 12 000 Afrikane het hul lewe inkonsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. Ook aan die Britse kant het die meeste soldate weens die swak organisasievernuf van militêre bewindhebbers nie op slagvelde gesneuwel nie, maar aan siekte beswyk.

     

     

    Read more

Latest Articles

Most Popular

  • Antjie Somers
    Antjie Somers
    Antjie Somersis 'nSuid-Afrikaanselegende van 'n man wat bedags teen die hange vanTafelbergwoon, maar hom snags as 'n vrou...
  • Wolraad Woltemade
    Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die...
  • Die Vlieënde Hollander
    Die is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n...
  • Racheltjie de Beer
    Die legende Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n...
  • Beskuit
    Beskuit
    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is...