Welcome
Login / Register

Die Briels - Ter Nagedagtenis Van 435 Mynwerkers (Deel 1)

Featured
Loading...

Thanks! Share it with your friends!

URL

You disliked this video. Thanks for the feedback!

Sorry, only registred users can create playlists.
URL


Added by Admin in Ricus Nel
107 Views

Description

South African Artists: Die Briels

Die Briel-gesin se musiek staan sy plek met reg vol tussen Afrikaanse musiek. Die Briels het die eerste ‘betrokke’ musiek in Afrikaans gemaak. Hulle dokumenteer in hul musiek die ekonomiese, politieke en sosiale veranderinge sedert die ontdekking van goud en die groot depressie van 1929-1933 op ‘n unieke manier.
Die Afrikaanse liedjies in die vroeë 1930s-1950s was deurspek met gedagtes van lyding, weeskinders, dood, verlange na ouerhuis en die plaas agv die drastiese veranderinge in die sosiaal-kulturele omstandighede van die Afrikaner met die ontdekking van goud in 1886. Na sowat twee eeue van ‘n ongebonde boerelewe het ingrypende veranderings die landelike Afrikaner in die gesig gestaar. Met die runderpes (1896), die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902), die groot depressie (1929-1933) en die groot droogte (1932-1933) het die Afrikaner baie verarm. Hulle het in duisende stede toe gestroom op soek na werk. Waar hulle vroeër gewoond was aan die rustigheid van ‘n plaas was hulle nou saamgehok in tente, krotte en blikhuise en het ‘n ongeskoolde arbeidersklas geword - steenmakers, mynwerkers, wasgoedwassers, koerantverkopers en karweiers. Om hierdie wroeging te verwerk het die Afrikaner aan die een kant vrolike Boeremusiek gespeel en aan die ander kant sy leed in sang verwoord.
Frans (gebore 05.09.1919 in Bloemfontein) was 2 jaar oud toe sy pa oorlede en is hy in ‘n kinderhuis daar geplaas. Hy het alle kontak met sy ma verloor en haar eers in die vyftigerjare weer opgespoor. Sannie Venter (gebore 19.06.1923) was een van 7 kinders en is as 7-jarige in die kinderhuis op Ugie geplaas. Na die dood van haar pa kon haar ma die gesin nie langer onderhou nieen is sy en haar 3 broers na die kinderhuis waar sy tot na haar 14de verjaardag sou bly. Frans en Sannie het albei opeiding in die toentertydse nywerheidskole ontvang, maar werk was skaars. Hulle het in Bloemfontein ontmoet en trou in 1942. Frans het aanvanklik as oorlaaikruier en vragmotor bestuurder vir die spoorweë gewerk en Sannie by teaters as plekaanwyser en kassiere. Hul dogter, Anita, is 16.06.1949 gebore en verhuis hulle na Pretoria. Vyf jaar later (12.09.1954) is hul seun, Fransie, gebore. Frans het in Pretoria weer by die spoorweë en daarna by Yskor gewerk. Sannie was ‘n bekende gesig by teaters as plekaanwyser en later vir ‘n tyd bestuurder by die Roxy-teater. Hulle het saam by Yskor begin werk - hy by die yster-walse en sy as kraandrywer by die oond.
Frans het altyd by die huis geneurie, resitasies geskryf en dit dan gesing. Later het Sannie begin saamsing. Dié twee se verlange na ‘n eie ouerhuis het gou gestalte gekry in liedjies waarvan Frans self die woorde en musiek geskryf het. Een van Sannie se jonger broers het ‘n toets bandopname laat maak, dit aan Arthur Harris van Trutone platemaatskappy voorgelê, en so is hul eerste 78opm plaat, ‘My Vader’ (keersy: ‘My Moeder’) op 24 Aug 1955 gemaak. Die Briels is na winkels genooi om op te tree en het later konserte op baie plekke gehou.Van hul eerste plaat tot die beëindiging van 78opm plate in SA in 1961 het hulle meer as honderd opnames gemaak.
Anita het as sesjarige in 1956 begin saamsing. Haar eerste opname met haar ouers was ‘My Bruin Oog Boetie’. In Aug 1961 word Fransie vir die eerste keer op plaat gehoor saam met Anita en Frans en neem hy ‘Ek Is Fransie’ op. Hy het egter net op 3 opnames gesing.
Anita ontwikkel in haar tienerjare as ‘n sangeres in eie reg. In 1971 neem sy ‘n langspeler onder die Trobadour etiket op waarna sy by Brigadiers platemaatskappy aansluit. Sy neem ‘n langspeler, ’Goeiemôre Goeiedag’ onder die skuilnaam ’Nita Liza’ op. Die plaat kry lof van die kritici en Anita word vir ‘n SARIE-toekenning as SA se beste sangeres genomineer. Fransie maak geen opnames nie tot hy saam met Anita in 1972 as die sangduo ’Boet en Sus’ die langspeler ’Hello-A’ opneem.
In 1973 trou Anita met ‘n boer, Tinus de Jager. Sy verhuis na Burgersfort en omdat dit moeilik was om Johannesburg toe te reis vir opnames en optredes, tree sy uit die musiekwêreld. In 1981 verhuis haar ouers na haar en Tinus se plaas. Frans sterf op 4 Nov 1985 aan kanker. Sannie sterf op 10 Julie 1996 aan ‘n beroerte.
Die Briels het altesaam 482 liedjies opgeneem.

Copyright Disclaimer under Section 107 of the Copyright Act 1976, allowance is made for "fair use" for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, and research. Fair use is a use permitted by copyright statute that might otherwise be infringing. Non-profit, educational or personal use tips the balance in favor of fair use.
All descriptions, images, audio and video clips are the sole property of their respective owners. This video is only for non-profit usage and publishing. I do not own any rights to its content and Copyright holder is respected and absolutely no Copyright Infringement intended. (For entertainment purposes only)

Post your comment

Sign in or sign up to post comments.

Comments

Be the first to comment
RSS