Featured

Die Val Van Wasserfall - Innibos 2015

430 Views
Published
Dewald Wasserfall het met die deur by die huis ingeval Woensdagaand. 'n Hele paar mense voor hom het die ys gebreek, en hoewel hy baie harte breek, kon hy nie die glaskas op die verhoog betyds breek nie. Hy het tydens Innibos se Huisgenoot Afskopkonsert Woensdagaand 'n skouspelagtige verhoogproduksie beplan, wat effens verkeerd geloop het toe die glaskas waarin hy gestaan het, nie wou breek toe dit moes breek nie. Om alles te kroon, het hy gestruikel toe hy uit glaskas moes klim. Hy het egter daarin geslaag om voort te gaan met 'n uitstekende vertoning.
Category
Dewald Wasserfall
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment