Featured

Dinner With Lianie May (Hooftrekke)

321 Views
Published
Laas maand het Lianie May in samewerking met Sjef Brett Ladds, Essence Catering en Provisual Media 'n eksklusiewe ete gehou vir 5 gelukkige paartjies. Die kompetisie het oor 6 weke gestrek en ondersteuners van reg oor die land kon deelneem. Een gelukkige paartjie was van Kaapstad af gevlieg met komplimente van Mango Airlines en het oor gebly in die immerbekende Protea Fire and Ice Hotel Menlyn. Lianie gee terug aan die oondersteuners en die 10 mense kon die aand saam met haar geniet in 'n intieme opset.

Danksy Pro Visual Medis kon ons die geleentheid vasvang en LIVE STREAM sos dit gebeur. Hier is van die hooftrekke.

"Ons het gesels oor hoe ons vir die aanhangers kan terug gee, iets spesiaal doen, en die idée om hul nooi om vir die ete kompetisie in te skryf dat hul 2 na 3 ure saam met my kan aansit vir `n ete, gesels en saamkuier waar ons mekaar beter leer ken, by optredes sien ons as kunstenaar en ondersteuners mekaar met `n CD wat gekoop word of `n foto wat ons saam neem en die ete was meer tyd wat ek as sanger en mens met ware ondersteuners kan spandeer. En Contemporary Events en die wonderlike cheff Brett Ladds van Essence Catering het die kompetisie geborg wat die ete moontlik gemaak het dat ek saam met 5 paartjies kon kuier," Lianie May
Category
Lianie May
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment