Jakkals En Leo In Australie En New Zealand (Keving Leo & Jakkie Louw)

299 Views
Published
Jakkie Louw en Keving Leo Toer Australie en New Zealand met “Jakkals en Leo”

Kevin Leo en Jakkie Louw in die mees suksesvolle produksie tot op hede in Suid-Afrika. Kombinasie van beide Komedie en die mooiste Musiek ooit geskryf in hierdie unieke produksie met die toepaslike titel van "Jakkals en Leo".

Voorprogram deur plaaslike Australiaanse talent duo Stollie en Julani Potgieter.

Bespreek by: www.musiekfabriek.global

Onthou jy nog “Voshaarnooi”? Die Louis van Rensburg trefferliedjie is opgeneem deur Kevin Leo & Jakkie Louw en die video daarvan is gemaak. Die video was oornag ‘n Kyknet gunsteling in Suid-Afrika en speel feitlik daagliks op daardie kanaal. Op youtube het bykans 170 000 mense al die video gaan kyk.

Dit was ‘n weghol-sukses en die land het begin vra vir meer.
Jakkie en Kevin het daarna besluit om ‘n produksie vertoning “Jakkals & Leo” saam te begin en ‘n DVD van die produksie is opgeneem by die LemonJack teater in Pretoria. Die publieke ondersteuning en die vertoning se sukses het daartoe bygedra dat Jakkie Louw en Kevin Leo se Jakkals en Leo vertonings deesdae een van die mees gewilde vertonings is om by te woon in Suid-Afrika.

Jakkie en Kevin as “Jakkals & Leo” tree gereeld landwyd op waar hulle sale aand na aand voltrek en uitverkoop. Die kombinasie van die twee sangers is uniek en uiters vermaaklik vir die hele gesin. Hulle bied jou die beste musiek en komedie uit die boonste rakke. Liedjies wat hulle op hulle unieke manier vertolk sluit in Voshaarnooi, Jannie du Toit se 1978 treffer Liedjie vir Jou, ‘n nuwe verwerking van Ave Maria in Engels en Italiaans, O Sole Mio (ala Pavarotti en Brian Adams) Frank Sinatra, oorspronklike komposisies soos die treffende Gebed van die Vreeslose geskryf spesiaal vir die vertoning. Daar is ook ‘n bietjie Elvis Presley, ‘n bietjie Lucas Maree en natuurlik ‘n paar Pikkewyne.

NAVRAE: Jeana Botha; Mobile: +61 455 985276; Email: j.botha@bigpond.com

Om meer van hulle te sien gaan kyk gerus op facebook by: https://www.facebook.com/groups/Mengelmoes/

Kaarjies verkoop vir:
• $35 per volwassene 18 en ouer
• $25 per student/pensionaris
• $20 per kind van 5 tot 18
• $ 0 per kind van 5 en onder

Groeps kaartjies ook beskikbaar teen:
• $90 vir familie van 4 (2 volw & 2 kinders)
• $100 vir familie van 5 (2 volw & 3 kinders)
• $250 vir 'n groep van 10
PS: kan in kombinasie met individuele kaarjies ook gebruik word.

Kaartjies is te koop op die webblad: www.musiekfabriek.global

Shows begin 6:30pm en is as volg:
• 6 Aug 2015 - Auckland (NHSDA - Unsworth Heights)
• 7 Aug 2015 - Hamilton (Hamilton Methodist Church Centre)
• 8 Aug 2015 - Perth (Quinns Baptist College - Mindarie)
• 9 Aug 2015 - Brisbane (Kedron Wawell Services Club Chermside)
Category
Jakkie Louw
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment