Oos Rand Stereo Opskop TV Ad

333 Views
Published
Toe Suid-Afrika in die vroeë negentigs sy deure vir gemeenskapradiostasies oopgemaak het, was Oos-Rand Stereo 93.9FM een van die voorlopers, wat in 1995 vir die eerste keer op die lug gegaan het. Dis nou 17 jaar later en Oos-Rand Stereo 93.9FM vermaak steeds die mense van Ekurhuleni dag en nag! Ter viering hiervan is daar besluit om 'n lekker konsert in Carnival City se Big Top Arena te hou op 5 November @ 19:00 met die eerste Oos-Rand Stereo Opskop. Besprekings vir die Opskop het pas geopen by Computicket; vir besprekings skakel hulle by 0861 915 8000 of besoek hulle webwerf by www.computicket.com. Groepe van meer as 10 persone kry oudergewoonte 'n lekker afslag deur Lefra Produksies te skakel by 011 815 3000 of deur 'n e-pos te stuur aan info@lefra.com. Besoek ook www.939.co.za vir meer inligting.
Kunstenaars wat gaan optree is 2nd Live; ADAM; Freddie Spires Jnr; Gerhard Steyn, Giovanni; Henri Alant; JJ Stephens; James en André; Jason Bradley; Kobus Muller; Moses Metro Man; Mwah!; On Cue; Rina Hugo; Rinel Day, Rudi Muller, Sonja Herholdt en Vera-Marie.
Category
Gerhard Steyn
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment