Afrikaans is Lekker! - RSS Feed

Antjie Somers
Antjie Somers is 'n Suid-Afrikaanse legende van 'n man wat bedags teen die hange van Tafelberg woon, maar hom snags as 'n vrou vermom en in die woonbuurte ronddwaal. Volgens die legende vang hy kinders wat stout is of laat uitbly en dra hulle dan in 'n sak op sy rug weg. Sy naam kom in rympies voor wat aan kinders voorgehou word, soos "Antjie Somers kom jou haal".

Sover bekend het die eerste verwysing na Antjie Somers op 10 Augustus 1866 in The Friend in Bloemfontein verskyn. Die artikel vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset 'n berugte Kaapse struikrower was wat vroueklere aangetrek en snags mense op pad huis toe voorgelê het. Die oorspronklike verhaal het mettertyd vervaag en nuwe stories is vertel om kinders skrik te maak.

'n Ander weergawe is dat Andries (Antjie) 'n baie hardwerkende visserman was. Iemand dryf die sport met hom en hulle raak in 'n skermutselling betrokke. Die persoon val met sy kop op 'n klip en is opslag dood. Andries vermom hom toe in sy suster se rok en kappie. Hy verdwyn en die legende ontstaan van Antjie Somers met haar breë skouers wat eintlik 'n man is, en van alles denkbaar beskuldig word.

Die verhaal van 'n man met 'n sak kom in verskeie kulture voor. In die geval stop
Sint Nikolaas 'n stout seun in 'n sak.

Krygsgevangenis tydens die Anglo-Boereoorlog
Die eerste noemenswaardige groep Boerekrygsgevangenes wat deur die Engelse gevange geneem is, was dié wat tydens die Slag van Elandslaagte op Oktober 21 1899 gevang is. Aanvanklik is die meeste op skepe gesit, maar soos getalle gegroei het, het Brittanje besluit om hulle nie plaaslik gevange te hou nie. Die gevangeneming van 400 krygsgevangenes in Februarie 1900 was 'n belangrike gebeurtenis: Brittanje het besef dat hulle nie alle krygsgevangenes in Suid-Afrika kon akkommodeer nie. Die Engelse het gevrees dat hulle deur simpatieke plaaslike inwoners bevry kon word. Hulle het dit reeds moeilik gevind om aan hulle eie troepe se behoeftes te voorsien, en wou nie die ekstra las dra deur addisionele voorrade vir die krygsgevangenes te stuur nie. Brittanje het dus besluit om hulle oorsee te stuur.

Die eerste oorsese kampe anders as in Afrika, is geopen op Sint Helena, wat uiteindelik byna 5000 krygsgevangenes ontvang het. Ongeveer 5000 krygsgevangenes is na Ceylon gestuur. Ander is na Bermudaen Indië gestuur. Geen bewyse bestaan dat Boere-krygsgevangenes na die Gemenebes van die Britse Ryk soos Australië, Kanada of Nieu-Seeland gestuur is nie.

’n Oorplasingskamp vir Krygsgevangenesin Groenpunt, Kaapstad, tydens die oorlog.
Die gevangenes is hiervandaan oorgeplaas na interneringskampe in ander
dele van die Verenigde Koninkryk.

Die einde van die Anglo-Boereoorlog
Teen die begin van 1902 het die Boeremagte gekrimp tot 10 000 Transvalers, 6 000 Vrystaters en 3 000 Kaapse rebelle. In Suidoos-Transvaal het 'n Zoeloemag 'n Boerelaer aangeval en 56 burgers doodgemaak. Die militere vooruitsigte vir die Boere het al hoe swakker geraak.

In Mei 1902 het 60 Boereleiers in Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Die Vrystaters was nog steeds gekant teen vrede, maar die swak gesondheid van Steyn het hul saak baie skade aangedoen. Die vredesvoorwaardes het ingesluit dat die Boere die Britse monarg erken as wettige heerser; Boere kon hul besittings, insluitend gewere vir verdediging, behou; en Nederlands sou in die skole van Transvaal en die Vrystaat as vak onderrig word mits die ouers dit verlang. Op 31 Mei het die vergadering met 54 stemme teen 6 besluit om hierdie voorwaardes te aanvaar.

Vrouens en kinders in 'n konsentrasiekamp.

Konsentrasiekampe, epidemies en 'n verskroeide aarde beleid tydens die Anglo-boereoorlog
Die Britte het nooit 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nievegtende Boere getref. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hensoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.

Kampe is opgerig om die misplaaste Boere vroue en kinders te huisves. Swart mense wat deur die oorlog ontwrig was, is in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende voeding gekry. Uiterste lyding in haglike omstandighede het die inwoners van die kampe elke dag getreiter. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Die Britse publiek, plaaslik en in Brittanje, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland toestemming gekry het om die kampe te besoek. Hobhouse het in Desember 1900 Engeland verlaat en in Mei 1901 teruggekeer. Voor haar vertrek het sy net kennis gedra van die Port Elizabeth-konsentrasiekamp. Sy is met afgryse vervul oor wat sy gesien het en sy het die publiek geskok met haar onthullings. Teen Oktober 1901 het die sterftekoers tot 344 per 1000 in die kampe opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans op oorlewing gehad nie. Teen die einde van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook besoeke by die kampe afgelê. Hulle was net so geskok soos Hobhouse. Hulle het 'n aantal aanbevelings gemaak wat die dodetal skerp laat daal het.

Die mans, Britte en Boere, was verslae oor die vroue se dapperheid en wat hulle bereid was om te verduur vir die Boere se stryd. Die vroue was onversetlik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moes voortveg. Sommige vroue het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien brand eerder as dat hul mans oorgee. Daar het 4 177 Boerevroue en 22 074 Boerekinders in die kampe gesterf. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis van die Boervroue van die Tweede Vryheidsoorlog. Die Oorlogsmuseum is ook daar opgerig.

Lizzie van Zyl, wat in die Bloemfontein-konsentrasiekamp oorlede is

Die guerillategniek van die bittereinders tydens die Anglo-Boereoorlog
Net ná die val van Pretoria het die Transvaalse militêre leierskorps onmiddellike oorgawe aanbeveel. President Steyn was woedend en het aan die Transvalers geskryf dat die ZAR die Vrystaatse burgers en Kaapse rebelle in 'n rampspoedige oorlog betrek het. "Wil die ZAR nou 'n skandelike en selfsugtige vrede sluit die oomblik dat die oorlog sy grense bereik? Wat die ZAR ook al doen, die Vrystaters sal tot die bitter einde veg." Die geveg is toe deur almal voortgesit.

In hierdie tydperk was die Boeregeneraals mense wat progressief was: kommersiële boere en professionele aambagslui. Hulle het net om een rede geveg: hul onafhanklikheid. Die bittereinders het guerillataktiek gevolg en in klein, beweeglike kommando's geveg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug.

In hierdie tydperk was daar ook die sogenaamde "joiners". Dit was Boere wat hoofsaaklik as spioene vir die Britte opgetree het in die laaste 18 maande van die oorlog. Daar is geskat dat 5 000 Boere teen April 1902 die Britse oorlogspoging gesteun het. Baie Boere het die Britse saak gesteun omdat hulle geglo het dat daar vir hulle 'n beter bedeling onder die Britte wag en dat hulle na hulle plase kon terugkeer en groot skade en leed kon vermy deur oor te gee of te "hensop".

Die Britse opperbevel het van twee taktieke gebruik gemaak om die bittereinders te beveg. Eerstens is linies blokhuise en doringdraad opgerig om Boerevegters uit die een distrik na die ander uit te sluit, om hulle sodoende saam te hok om gevang te word. Hierdie taktiek was baie duur en hoewel baie dramaties, kon dit geen groot gevegte tussen die Boere wat die prooi was en Britse jagters uitlok nie.

Die tweede taktiek wat gebruik was, die Verskroeideaardebeleid, het berus op die vernietiging van die Boere se voorraadbasis deur hul plase te vernietig en die Boere se vrouens en kinders in konsentrasiekampe saam te hok. Vlugtelingkampe wat verplaaste Boerefamilies moes huisves het so vroeg as Julie 1900 verskyn.

Smuts (in die middel op 'n rots) saam met manskappe nadat hulle naby aan die
einde van die Tweede Vryheidsoorlog tot in die Kaapkolonie opgeruk het.

Die eerste fase van die Anglo-Boereoorlog
Die eerste skote in die oorlog het op 12 Oktober 1899 geklap nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het. Die Boere het tot die aanval oorgegaan en 'n strook van 160 km in die Kaapkolonie ingeneem terwyl hulle in Natal tot teenaan die Tugelarivier gevorder het. Mafeking en Kimberley het Britse eilande in 'n Boergedomineerde veld geword, terwyl die Britse garnisoen in Natal by Ladysmith vasgekeer en beleër is. Die Britse leër het in verskeie veldslae tweede gekom. Op 11 Desember is 'n frontaanval deur Britse soldate wat deur artillerievuur ondersteun is, afgemaai deur Boere wat hulself in loopgrawe ingegrawe het by Magersfontein naby Kimberley. Op 15 Desember by Colenso het 4 000 Boere, ingegrawe in die hoogtes op die Noordelike oewer van die Tugela, 'n aanval van 16 000 Britte afgeweer wat wou deurbreek na Ladysmith. Hierdie vyf dae is deur die Britse magte die Swart Week genoem. In hierdie tydperk het hulle 7 000 manskappe verloor en geen positiewe strategiese resultate gekry nie.

Smuts sou egter later melding maak van die "konserwatiewe kortsigtigheid" van die ouer geslag van generaals, wat "die gulde geleentheid" van oorwinning laat wegglip het. Britse troepe het deur Kaapstad en Durban ingestroom. Onder die opperbevel van lord Roberts, wat generaal Kitchener as stafhoof gehad het, het die Britse versterkings vinnig na die front beweeg en die beleërde dorpe ontset. Hulle het 4 000 man onder generaal Piet Cronje by Paardeberg gevange geneem en Bloemfontein op 13 Maart1900, Johannesburg op 5 Mei en Pretoria op 6 Junie ingeneem.

Op 21 Oktober 1900, net voordat die Britte hom kon vang, het president Kruger, van Delagoabaai, vandag Maputo in Mosambiek, na Europa vertrek om steun vir die Boere se saak te probeer werf. Hy het meer as drie jaar later as banneling in Switserland gesterf. President Steyn het tot aan die einde van die oorlog saam met die Vrystaatse guerrillavegters in die veld gebly en die grootste bittereinder geword. Die republieke was verlore. Op 24 Mei en 1 September het Brittanje die administrasie van onderskeidelik die Oranjerivierkolonie en die kolonie van Transvaal oorgeneem. Britse magte het al die infrastruktuur in Suid-Afrika soos die spoorlyne beheer en die 20 000 vegtende Boere wat oorgebly het, was feitelik heeltemal sonder steun.

Voorbereiding vir die Anglo-Boereoorlog
Ondanks die verslegtende verhouding tussen Kaapstad en die Boererepublieke in die laaste dekade van die19de eeu, was die Britte merkbaar swak voorberei vir oorlog aan die vooraand daarvan. Die vernederende nederlaag aan die hande van die Boere by die Slag van Majuba in die Eerste Vryheidsoorlog ten spyt, is die Boererepublieke nie as ernstige teenstander geag nie. Britse militêre intelligensie het gereken dat die Boere slegs 3 000 man in die veld sou kon plaas om kleinskaalse klopjagte in die Kaap en Natal uit te voer, terwyl hulle uiteindelik daartoe in staat was om sowat 30 000 berede manskappe in Natal alleen aan te wend. Die Britse opperbevelhebber, lord Wolseley, het geglo (en die Britse oorlogsminister, lord Lansdowne, het saamgestem) dat 'n garnisoen van 20 000 Britse soldate genoeg sou wees om Britse belange in Suid-Afrika te beskerm.

In 1895, ná die Jameson-inval, was Kruger seker dat Brittanje op oorlog ingestel was. Hy het 'n klein staande leër op die been gebring en sy administrasie versterk deur knap, jong Afrikaners soos Jan Christian Smutsaan te stel. Daar is probeer om steun vir die Boere in Engeland en Europa te werf, maar geen tasbare steun is verleen nie. Die twee klein republieke het alleen teen die magtigste ryk in die wêreld gestaan. Toe Kruger gevra is hoekom hy teen so 'n oormag veg, was sy antwoord: " 'n Man sal nie 'n leeu aanval met 'n mes in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie." Die Boererepublieke het wel daarin geslaag om Duitse Mausergewere en Franse "Long Tom"-langafstandkanonne te bekom. Die Russiese tsaar het 'n paar veldambulanse voorsien en die Transvaal se artilleriekorps is deur Duitsers opgelei.

Oorsake van die Anglo-Boereoorlog
Die oorsaak van die oorlog is steeds omstrede. Aan die Britse kant was dit 'n polemiek vanaf die oomblik dat dit uitgebreek het. Anti-imperialiste, asook Marxiste, het die oorlog as 'n produk van 'n kapitalistiese sameswering gesien wat daarop gemik was om, deur middel van brute krag, die diamant- en goudvelde van die Vrystaat en Transvaal te bekom.

Moderne interpretasies sien Britse beleid as gekaap deur radikale imperialiste soos Cecil John Rhodes en lordAlfred Milner, wat gevrees het dat die nuut gevonde rykdom van die Boererepublieke die droom van 'n Britse Suid-Afrika sou ontspoor. Rykdom het die Boererepublieke in staat gestel om hulself van Britse voogdyskap te bevry en om hul eie onafhanklike buitelandse beleid te volg, wat die deur kon oopmaak vir Duitse beheer van die belangrike Kaapse roete na Indië.

Brittanje het daarop aangedring dat die Britse onderdane wat op die goudmyne in die Witwatersrandwerk, stemreg moes kry. President Paul Kruger van die Transvaal het geweier en gesê: "Hulle wil nie stemreg hê nie, hulle wil ons land hê". President Marthinus Steyn van die Vrystaat het hom by Kruger geskaar en die lot van die Vrystaat as dieselfde as die lot van die Transvaal beskryf.

Anglo-Boereoorlog Oorsig
Die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog (Engels:Second Boer War, Nederlands:Tweede Boerenoorlog) was 'n oorlog tussen die Boererepublieke Oranje-Vrystaat en Zuid-Afrikaansche Republiek aan die een kant en dieBritse Ryk aan die ander kant wat tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei1902 in Suid-Afrika en Swazilandgewoed het.

Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog, oftewel die Anglo-Boereoorlog, het vanafOktober 1899 tot Mei 1902 geduur. In hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ouTransvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, te staan gekom teen die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse en Natalsekolonies van Groot-Brittanje. Die hele gebied waarop hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.

Oor die sowat twee en 'n half jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.

Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal en al vernietig deur die "Verskroeideaardebeleid" wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het in die oorlog gesneuwel, en minstens 20 000 Boere en 12 000 Afrikane het hul lewe inkonsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. Ook aan die Britse kant het die meeste soldate weens die swak organisasievernuf van militêre bewindhebbers nie op slagvelde gesneuwel nie, maar aan siekte beswyk.

Beskuit
Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is net 'n oneindeige praktiese manier om kos te stoor en te geniet. Toe ek klein was het ons altyd so die beskuit in die koffie gedruk totdat daar nie meer koffie oor was nie. Dan het ons sommer die beskuit met 'n lepel geëet. Alhoewel mens vandag verskillende soorte beskuit in die winkel kan koop, is die beste maar die wat in 'n ouma, tannie of ma se kombuis gemaak is. Dit is nou maar net so, dit smaak net beter. Vir die wat 'n bietjie meer wil weet oor beskuit en waarvandaan dit kom het ek sommer 'n bietjie info van wikipedia af gekry hieronder.

Die vorige artikel wat ek geskryf het was oor koffie, en wat is koffie dan nou sonder beskuit?

Die wiki sê oor beskuit:

Beskuit is 'n tradisionele Afrikaanse gebak, wat saam met tee of koffie geëet word en selfs daarin gedoop word. Verskeie resepte bestaan waarvan die bekendste boerbeskuit, mosbolletjies en karringmelkbeskuit is. Die kommersiële "Ouma se Beskuit" is ook alom bekend. Beskuit word oorwegend saam met die oggendkoffie te eet, maar maak soms ook 'n verskyning by die laatmiddagkoffie en aandkoffie.

In die platteland word beskuit as 'n stapelvoedsel beskou en verskaf dit soggens die nodige energie vir die dag se fisiese werk. In stedelike gebiede word dit ook, saam met ander koekies en beskuitjies, as 'n lekkerny geëet.

Beskuit in sy huidige vorm het sy ontstaan gehad tydens Jan van Riebeeck se verblyf aan die Kaap. Brood was in toendertyd nog van Holland af ingevoer. Hy meld in sy Daghregister (III) op 23 September 1660 dat van die "cruymelbeschuit" vir die varke gegee moes word, waarskynlik omrede dit muf geword het. Suid-Afrikaanse beskuit verskil aansienlik van die oorspronklike Nederlandse beschuit in beide vorm en smaak en daar is tans in Suid-Afrika 'n wye verskeidenheid soorte beskuit beskikbaar, met basissmake soos anys, karringmelk of selfs hawermout.

Beskuit kom van die Franse woord biscuit de guerre, 'n harde, haas oneetbare brood van meel en water wat vir soldate gegee is.

Die eerste beskuitresepte verskyn in De volmaakte Hollandsche keuken-meid van 1761. Beskuit was in groot aanvraag gewees aan die Kaap vir mense wat na die binneland of oorsee gereis het.

Koffie jou lekker ding!
Vandag het ek weer sulke lekker koffie gedrink daar by 'n sport byeenkoms. Koffie bly nou maar eenmaal 'n ding wat mens nie kan verby kyk nie. Dit is wêreldwyd mos maar iets wat enigiemand kan geniet. Maar veral in Suid Afrika is jy ongeskik as jy nie 'n koppie koffie aanbied wanneer iemand kom inloer nie. Dit help darem terwyl 'n mens so oor die politiek peins en voorspellings maak van wat gaan gebeur. Die boeretroos is darem iets wat ons al deur die ergste gedra het.

Wat is die herkoms van die woord "boeretroos?" In my soektog kom ek toe mos af op hierdie brokkie geskiedenis. Bon Apetit op Facebook skryf die volgende:

Waar kom die woord ‘boeretroos’ vandaan?

Die ou Voortrekkers was eintlik groot teedrinkers en dit was blykbaar hoog mode in die Kaap om tee te drink.
Koffie het maar ’n tweede plek ná tee gekry.
Tydens die Groot Trek het die voorraad tee wat saamgeneem is, baie gouer opgeraak as die voorraad koffie wat ook ingepak is.
Later het selfs die voorraad koffie opgeraak, met die gevolg dat die Voortrekkers ’n ander plan moes maak.
Hier het die gebruik ontstaan om die wortels van die witgatboom te rooster en fyn te maal en daarvan koffie te maak.
Blykbaar het die uitdrukking “Kan ek vir jou gat gooi?” dan ook hier sy ontstaan gehad.
Voorts het die woord “boeretroos” ook hier ontstaan.
Omdat daar nie meer koffie was nie, moes die “koffie” wat van witgatwortels gemaak is, die boere maar “troos”.

'n Ander ding wat ek nou aan terugdink is daardie advertensie met Jan Spies wat so eie afrikaans is. Ek het dit weer gaan soek. Hier's hy weer

Jan Spies Cremora Ad

Dit het my weer lekker laat terugverlang na die moer koffie daar in Calvinia op my oupa se plot. Ek dink ek gaan sommer nou vir my 'n koppie boeretroos gaan maak.

Klein Karoo Nasionale Kunstefees - Oudtshoorn
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het as doelstelling om 'n platvorm vir die kunste te skep.

Die fees is een van die primêre feeste op die feeskalender geword. Die fees hardloop al vir meer as 20 jaar en is bekend vir die verskydenheid en kwaliteit van kunsvorms wat dit aanbied.

Die fees bied 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite en daar is iets te doen vir die hele gesin.

Die feesterrein is die middelpunt van al die aktiwiteite wat aangaan en bied 'n verhoog met verskeie kunstenare wat optree om die massas gelukkig te hou. Daar is ook verskeie uitstallings wat fokus op kern groepe gefokus.

Daar is kunsmarkte, optredes en uitstallings wat die nuutste giere en temas van die Afrikaanse samelewing weerspiëel. En ook natuurlik is daar meer as genoeg plekke om jou dors te les en iets te kry om te eet. Die area is ook bekend vir hulle volstruise en dalk kan jy 'n uurtjie afknip om meer te leer van hierdie voël wat Oudtshoorn eertyds op die kaart geplaas het.

Calvinia Vleisfees
Net anderkant Vanrhynsdorp lê Calvinia. Hierdie gemeenskap in die middel van die Hantam bied elke jaar vir heinde en vêrre 'n smaakie van die lekkerste vleis wat jy al geproe het. Van Kaapstad af is dit so 4.5 ure se ry om die hele naweek jouself te geniet met kos en drinkgoed.

Die fees vind plaas op die laaste naweek in Augustus net betyds om jaarliks die Namakwalandse duisies te groet. Die gemeenskap snoer saam om 'n onvergeetlike ervaring te bied aan elke besoeker wat die pad aandurf na die skaapwêreld.

Die fees hardloop al vir 25 jaar en groei van krag tot krag.

Wat jy kan verwag

Vleis en nogmaals vleis!

Boeremusiek in die aande (danse).

Musiek in die arena

'n Plattelandse dorp met baie interessanthede

Webwerf: http://www.hantamvleisfees.co.za/

Die Vlieënde Hollander
Die  is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n stormwind gesweer dat hy om die Kaap die Goeie Hoop sal vaar al duur dit ook tot die Oordeelsdag. Die legende hê dat hy nog altyd probeer om om die Kaap te seil. Die Vlieënde Hollander is glo deur baie seevaarders gesien, insluitende Koning George V toe hy as adelbors in 1880 op die H.M.S Bacchante was. Richard Wagner, die Duitse komponis, het die Vlieënde Hollander as tema vir een van sy operas gebruik.

Racheltjie de Beer
Die legende

Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n oornagkamp het die lede van die trek besef dat 'n kalf, een van die kinders se gunstelinge, weg was.

'n Soekgeselskap is uitgestuur. Racheltjie en haar sesjarige boetie het ook daaraan deelgeneem. Nadat almal begin terugkeer het na die kamp, het die twee verdwaal. Toe dit donker word, het dit baie koud geword en begin sneeu.

Racheltjie het besef die kans dat hulle die kamp sou vind, is baie skraal. Sy het 'n miershoop wat deur 'n erdvark uitgehol is gevind, haar klere uitgetrek, dit vir haar boetie aangetrek en hom gehelp om in die miershoop te klim. Daarna het sy voor die miershoop se opening gaan lê om die koue uit te hou.

Die volgende oggend het die familie die kinders opgespoor. Racheltjie het nie die nag oorleef nie, maar haar boetie wel.

Ongelukkig is die geskiedenis tydens die periode nie ordentlik gedokumenteer nie en is dit wel moontlik dat die kinders nie regtig bestaan het nie.

Nuwe bevinding dat dit lyk of Rachel se verhaal op dié van Hazel Miner gegrond is

In Oktober 2012 het twee joernaliste hul bevinding gepubliseer dat Rachel de Beer se verhaal merkwaardige ooreenkomste toon met dié van die Amerikaanse sneeu-heldinnetjie Hazel Miner. Hulle het dit bekend gemaak in By, 'n weeklikse bylaag tot die drie Afrikaanse koerante Die Burger, Beeld, en Volksblad

Wat hul teorie blyk te versterk, was die byna gelyktydige verskyning van die twee verhale in die pers. Sover bekend, was die heel eerste verskyning in druk van die Racheltjie-verhaal in April 1921 in die Afrikaanse vrouetydskrif Die Boerevrou. Dit het die lig gesien slegs sowat 'n maand of drie nadat 'n Amerikaanse welsynstydskrif, The North Dakota Children's Home Finder, die (ware) verhaal van Hazel Miner aan sy duisende lesers vertel het.

Die joernaliste het hul bevindings verder op 'n webbladsy uiteengesit onder die titel:Die laaste rits bewyse: Racheltjie is bloot 'n afspieëling van Hazel Miner

Wolraad Woltemade
Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die eerste keer in 1752 op die rol van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie as 'n 44-jarige korporaal in bevel van die Kompanjiespos by Steenberg. Daarna is hy waarskynlik terug Europa toe, maar in 1770 is hy weer in die Kaap die Goeie Hoop as poshouer in Muizenberg. 'n Jaar later is hy voorman van die Kompanjie se melkery. Woltemade se vrou was ene Janna Charlotta, maar sy het nooit Kaap toe gekom nie. In die jaar van sy dood was hy die opsigter van die Kompanjie se dieretuin.

Gedurende die nag van 31 Mei 1773 het 'n noordwestelike stormwind die VOC-seilskip De Jonge Thomas op Woodstock-strand naby die monding van die Soutrivier op die sand gedryf. Die hele nag het die branders oor die skip gebreek en 'n skare het op die strand vergader. Woltemade se seun, Christiaan Ludwig, 'n korporaal aan die Kaap, was een van die soldate wat die wrakgoed moes oppas. Die volgende oggend, 1 Junie, het Woltemade, wat daar naby gewoon het in vandag se Milnerton, daar aangekom om verversings vir sy seun te neem. Hy het besef dat die mense op die strand niks vir die gestrande matrose kon doen nie en het sewe keer met sy perd, die branders getrotseer om veertien mense te red. Die agtste keer het hy en sy perd onder die golwe verdwyn nadat 'n klomp mense op die perd probeer spring het. Hy was 65 jaar oud. Woltemade se perd se naam was Vonk.

'n Groot aantal oorledenes, onder wie Woltemade en sy perd, het 'n dag later op die strand uitgespoel. Nog 53 opvarendes het die strand bereik, maar 138 het saam met Woltemade verdrink. Hulle is saam begrawe.

Heldeverering

Van die oorlewendes het Woltemade se heldedaad aan die Here Sewentien gerapporteer. Die uiteinde was dat 'n aansienlike bedrag aan sy weduwee betaal en opdrag gegee is dat sy twee seuns, sy enigste kinders, ook vergoed word. Toe Woltemade gesterf het, was sy tweede seun in Batavia in diens van die Kompanjie.

'n Nuwe skip is na Wolraad vernoem: De Held Woltemade. 'n Houtsneekunstenaar, ene Van Frankendaal, het 'n voorstelling van die heldedaad op die skip se spieël (die plat, regop deel van die agterskip) gegraveer. Minstens nog drie afbeeldinge hiervan is bekend, onder meer in die Elliot-versameling in die Kaapse Argief. Op 2 Junie 1973, twee eeue ná Woltemade se dood, is in Suid-Afrika 'n reeks gedenkseëls uitgegee ter ere van sy heldedaad. In 1970 is 'n toekenning vir dapperheid met Woltemade se naam ingestel. Verder is 'n begraafplaas en 'n stasie in Kaapstad na hom genoem. Klein Zoar in Milnerton was vermoedelik sy huis en is vandag 'n nasionale gedenkwaardigheid.