Afrikaanse Volksverhale - RSS Feed

Antjie Somers
Antjie Somers is 'n Suid-Afrikaanse legende van 'n man wat bedags teen die hange van Tafelberg woon, maar hom snags as 'n vrou vermom en in die woonbuurte ronddwaal. Volgens die legende vang hy kinders wat stout is of laat uitbly en dra hulle dan in 'n sak op sy rug weg. Sy naam kom in rympies voor wat aan kinders voorgehou word, soos "Antjie Somers kom jou haal".

Sover bekend het die eerste verwysing na Antjie Somers op 10 Augustus 1866 in The Friend in Bloemfontein verskyn. Die artikel vermeld dat Antjie Somers tydens die bewind van lord Charles Somerset 'n berugte Kaapse struikrower was wat vroueklere aangetrek en snags mense op pad huis toe voorgelê het. Die oorspronklike verhaal het mettertyd vervaag en nuwe stories is vertel om kinders skrik te maak.

'n Ander weergawe is dat Andries (Antjie) 'n baie hardwerkende visserman was. Iemand dryf die sport met hom en hulle raak in 'n skermutselling betrokke. Die persoon val met sy kop op 'n klip en is opslag dood. Andries vermom hom toe in sy suster se rok en kappie. Hy verdwyn en die legende ontstaan van Antjie Somers met haar breë skouers wat eintlik 'n man is, en van alles denkbaar beskuldig word.

Die verhaal van 'n man met 'n sak kom in verskeie kulture voor. In die geval stop
Sint Nikolaas 'n stout seun in 'n sak.

Die Vlieënde Hollander
Die  is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n stormwind gesweer dat hy om die Kaap die Goeie Hoop sal vaar al duur dit ook tot die Oordeelsdag. Die legende hê dat hy nog altyd probeer om om die Kaap te seil. Die Vlieënde Hollander is glo deur baie seevaarders gesien, insluitende Koning George V toe hy as adelbors in 1880 op die H.M.S Bacchante was. Richard Wagner, die Duitse komponis, het die Vlieënde Hollander as tema vir een van sy operas gebruik.

Racheltjie de Beer
Die legende

Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n oornagkamp het die lede van die trek besef dat 'n kalf, een van die kinders se gunstelinge, weg was.

'n Soekgeselskap is uitgestuur. Racheltjie en haar sesjarige boetie het ook daaraan deelgeneem. Nadat almal begin terugkeer het na die kamp, het die twee verdwaal. Toe dit donker word, het dit baie koud geword en begin sneeu.

Racheltjie het besef die kans dat hulle die kamp sou vind, is baie skraal. Sy het 'n miershoop wat deur 'n erdvark uitgehol is gevind, haar klere uitgetrek, dit vir haar boetie aangetrek en hom gehelp om in die miershoop te klim. Daarna het sy voor die miershoop se opening gaan lê om die koue uit te hou.

Die volgende oggend het die familie die kinders opgespoor. Racheltjie het nie die nag oorleef nie, maar haar boetie wel.

Ongelukkig is die geskiedenis tydens die periode nie ordentlik gedokumenteer nie en is dit wel moontlik dat die kinders nie regtig bestaan het nie.

Nuwe bevinding dat dit lyk of Rachel se verhaal op dié van Hazel Miner gegrond is

In Oktober 2012 het twee joernaliste hul bevinding gepubliseer dat Rachel de Beer se verhaal merkwaardige ooreenkomste toon met dié van die Amerikaanse sneeu-heldinnetjie Hazel Miner. Hulle het dit bekend gemaak in By, 'n weeklikse bylaag tot die drie Afrikaanse koerante Die Burger, Beeld, en Volksblad

Wat hul teorie blyk te versterk, was die byna gelyktydige verskyning van die twee verhale in die pers. Sover bekend, was die heel eerste verskyning in druk van die Racheltjie-verhaal in April 1921 in die Afrikaanse vrouetydskrif Die Boerevrou. Dit het die lig gesien slegs sowat 'n maand of drie nadat 'n Amerikaanse welsynstydskrif, The North Dakota Children's Home Finder, die (ware) verhaal van Hazel Miner aan sy duisende lesers vertel het.

Die joernaliste het hul bevindings verder op 'n webbladsy uiteengesit onder die titel:Die laaste rits bewyse: Racheltjie is bloot 'n afspieëling van Hazel Miner

Wolraad Woltemade
Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die eerste keer in 1752 op die rol van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie as 'n 44-jarige korporaal in bevel van die Kompanjiespos by Steenberg. Daarna is hy waarskynlik terug Europa toe, maar in 1770 is hy weer in die Kaap die Goeie Hoop as poshouer in Muizenberg. 'n Jaar later is hy voorman van die Kompanjie se melkery. Woltemade se vrou was ene Janna Charlotta, maar sy het nooit Kaap toe gekom nie. In die jaar van sy dood was hy die opsigter van die Kompanjie se dieretuin.

Gedurende die nag van 31 Mei 1773 het 'n noordwestelike stormwind die VOC-seilskip De Jonge Thomas op Woodstock-strand naby die monding van die Soutrivier op die sand gedryf. Die hele nag het die branders oor die skip gebreek en 'n skare het op die strand vergader. Woltemade se seun, Christiaan Ludwig, 'n korporaal aan die Kaap, was een van die soldate wat die wrakgoed moes oppas. Die volgende oggend, 1 Junie, het Woltemade, wat daar naby gewoon het in vandag se Milnerton, daar aangekom om verversings vir sy seun te neem. Hy het besef dat die mense op die strand niks vir die gestrande matrose kon doen nie en het sewe keer met sy perd, die branders getrotseer om veertien mense te red. Die agtste keer het hy en sy perd onder die golwe verdwyn nadat 'n klomp mense op die perd probeer spring het. Hy was 65 jaar oud. Woltemade se perd se naam was Vonk.

'n Groot aantal oorledenes, onder wie Woltemade en sy perd, het 'n dag later op die strand uitgespoel. Nog 53 opvarendes het die strand bereik, maar 138 het saam met Woltemade verdrink. Hulle is saam begrawe.

Heldeverering

Van die oorlewendes het Woltemade se heldedaad aan die Here Sewentien gerapporteer. Die uiteinde was dat 'n aansienlike bedrag aan sy weduwee betaal en opdrag gegee is dat sy twee seuns, sy enigste kinders, ook vergoed word. Toe Woltemade gesterf het, was sy tweede seun in Batavia in diens van die Kompanjie.

'n Nuwe skip is na Wolraad vernoem: De Held Woltemade. 'n Houtsneekunstenaar, ene Van Frankendaal, het 'n voorstelling van die heldedaad op die skip se spieël (die plat, regop deel van die agterskip) gegraveer. Minstens nog drie afbeeldinge hiervan is bekend, onder meer in die Elliot-versameling in die Kaapse Argief. Op 2 Junie 1973, twee eeue ná Woltemade se dood, is in Suid-Afrika 'n reeks gedenkseëls uitgegee ter ere van sy heldedaad. In 1970 is 'n toekenning vir dapperheid met Woltemade se naam ingestel. Verder is 'n begraafplaas en 'n stasie in Kaapstad na hom genoem. Klein Zoar in Milnerton was vermoedelik sy huis en is vandag 'n nasionale gedenkwaardigheid.