Welcome
Login / Register

Afrikaanse Drankies


Daar is baie drankies wat eie geraak het aan die Afrikaanse kultuur. En soos baie goed in Afrikaans is dit nie die oorsprong van iets wat dit afrikaans maak nie, maar liewerste hoe die mense dit hul eie gemaak het.

  • Koffie jou lekker ding!

    Vandag het ek weer sulke lekker koffie gedrink daar by 'n sport byeenkoms. Koffie bly nou maar eenmaal 'n ding wat mens nie kan verby kyk nie. Dit is wêreldwyd mos maar iets wat enigiemand kan geniet. Maar veral in Suid Afrika is jy ongeskik as jy nie 'n koppie koffie aanbied wanneer iemand kom inloer nie. Dit help darem terwyl 'n mens so oor die politiek peins en voorspellings maak van wat gaan gebeur. Die boeretroos is darem iets wat ons al deur die ergste gedra het.

    Wat is die herkoms van die woord "boeretroos?" In my soektog kom ek toe mos af op hierdie brokkie geskiedenis. Bon Apetit op Facebook skryf die volgende:

    Waar kom die woord ‘boeretroos’ vandaan?

    Die ou Voortrekkers was eintlik groot teedrinkers en dit was blykbaar hoog mode in die Kaap om tee te drink.
    Koffie het maar ’n tweede plek ná tee gekry.
    Tydens die Groot Trek het die voorraad tee wat saamgeneem is, baie gouer opgeraak as die voorraad koffie wat ook ingepak is.
    Later het selfs die voorraad koffie opgeraak, met die gevolg dat die Voortrekkers ’n ander plan moes maak.
    Hier het die gebruik ontstaan om die wortels van die witgatboom te rooster en fyn te maal en daarvan koffie te maak.
    Blykbaar het die uitdrukking “Kan ek vir jou gat gooi?” dan ook hier sy ontstaan gehad.
    Voorts het die woord “boeretroos” ook hier ontstaan.
    Omdat daar nie meer koffie was nie, moes die “koffie” wat van witgatwortels gemaak is, die boere maar “troos”.

    'n Ander ding wat ek nou aan terugdink is daardie advertensie met Jan Spies wat so eie afrikaans is. Ek het dit weer gaan soek. Hier's hy weer

    Jan Spies Cremora Ad

    Dit het my weer lekker laat terugverlang na die moer koffie daar in Calvinia op my oupa se plot. Ek dink ek gaan sommer nou vir my 'n koppie boeretroos gaan maak.

    Read more »
RSS