Juanita Du Plessis

Juanita du Plessis (née Naudé) is 'n bekende Suid-Afrikaanse sangeres wat in Namibië gebore is. Sy het bekend geword na haar treffer "Ska-Rumba".

Juanita is getroud met Herman (Doepie) du Plessis. Saam het hulle drie kinders - Ruan, Mario en Franja (die laaste twee is 'n tweeling). Haar broer, Pieter Naudé is ook 'n sanger in eie reg. Totale verkope tot op hede van al haar albums beloop meer as 2 miljoen eenhede.

In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse DVD vir haar 10 Jaar Platinum Treffers. Die DVD bevat al Juanita du Plessis se suksesvolste treffers oor die eerste 10 jaar vanhaar sangloopbaan