Afrikaanse Kos

Wanneer ons dink aan Afrikaanse kos, dink baie van ons aan ons ma se Sondag middag ete. Lekker rys, vleis en aartappels. Alhoewel ons baie kosse by verskillende kulture geleen het, is dit wat dit eg afrikaans maak, die feit dat dit 'n eie Afrikaanse naam gekry deur die jare.

In hierdie kategorie wil ons 'n paar resepte ingooi, en sommer net bietjie kyk na kosse vanaf 'n afrikaanse perspektief.

  • Beskuit

    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is net 'n oneindeige praktiese manier om kos te stoor en te geniet. Toe ek klein was het ons altyd so die beskuit in die koffie gedruk totdat daar nie meer koffie oor was nie. Dan het ons sommer die beskuit met 'n lepel geëet. Alhoewel mens vandag verskillende soorte beskuit in die winkel kan koop, is die beste maar die wat in 'n ouma, tannie of ma se kombuis gemaak is. Dit is nou maar net so, dit smaak net beter. Vir die wat 'n bietjie meer wil weet oor beskuit en waarvandaan dit kom het ek sommer 'n bietjie info van wikipedia af gekry hieronder.

    Die vorige artikel wat ek geskryf het was oor koffie, en wat is koffie dan nou sonder beskuit?

    Die wiki sê oor beskuit:

    Beskuit is 'n tradisionele Afrikaanse gebak, wat saam met tee of koffie geëet word en selfs daarin gedoop word. Verskeie resepte bestaan waarvan die bekendste boerbeskuit, mosbolletjies en karringmelkbeskuit is. Die kommersiële "Ouma se Beskuit" is ook alom bekend. Beskuit word oorwegend saam met die oggendkoffie te eet, maar maak soms ook 'n verskyning by die laatmiddagkoffie en aandkoffie.

    In die platteland word beskuit as 'n stapelvoedsel beskou en verskaf dit soggens die nodige energie vir die dag se fisiese werk. In stedelike gebiede word dit ook, saam met ander koekies en beskuitjies, as 'n lekkerny geëet.

    Beskuit in sy huidige vorm het sy ontstaan gehad tydens Jan van Riebeeck se verblyf aan die Kaap. Brood was in toendertyd nog van Holland af ingevoer. Hy meld in sy Daghregister (III) op 23 September 1660 dat van die "cruymelbeschuit" vir die varke gegee moes word, waarskynlik omrede dit muf geword het. Suid-Afrikaanse beskuit verskil aansienlik van die oorspronklike Nederlandse beschuit in beide vorm en smaak en daar is tans in Suid-Afrika 'n wye verskeidenheid soorte beskuit beskikbaar, met basissmake soos anys, karringmelk of selfs hawermout.

    Beskuit kom van die Franse woord biscuit de guerre, 'n harde, haas oneetbare brood van meel en water wat vir soldate gegee is.

    Die eerste beskuitresepte verskyn in De volmaakte Hollandsche keuken-meid van 1761. Beskuit was in groot aanvraag gewees aan die Kaap vir mense wat na die binneland of oorsee gereis het.

    Read more

Latest Articles

Most Popular

  • Antjie Somers
    Antjie Somers
    Antjie Somersis 'nSuid-Afrikaanselegende van 'n man wat bedags teen die hange vanTafelbergwoon, maar hom snags as 'n vrou...
  • Wolraad Woltemade
    Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die...
  • Die Vlieënde Hollander
    Die is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n...
  • Racheltjie de Beer
    Die legende Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n...
  • Beskuit
    Beskuit
    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is...