Konsentrasiekampe, epidemies en 'n verskroeide aarde beleid tydens die Anglo-boereoorlog

Die Britte het nooit 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nievegtende Boere getref. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hensoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.

Kampe is opgerig om die misplaaste Boere vroue en kinders te huisves. Swart mense wat deur die oorlog ontwrig was, is in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende voeding gekry. Uiterste lyding in haglike omstandighede het die inwoners van die kampe elke dag getreiter. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Die Britse publiek, plaaslik en in Brittanje, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland toestemming gekry het om die kampe te besoek. Hobhouse het in Desember 1900 Engeland verlaat en in Mei 1901 teruggekeer. Voor haar vertrek het sy net kennis gedra van die Port Elizabeth-konsentrasiekamp. Sy is met afgryse vervul oor wat sy gesien het en sy het die publiek geskok met haar onthullings. Teen Oktober 1901 het die sterftekoers tot 344 per 1000 in die kampe opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans op oorlewing gehad nie. Teen die einde van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook besoeke by die kampe afgelê. Hulle was net so geskok soos Hobhouse. Hulle het 'n aantal aanbevelings gemaak wat die dodetal skerp laat daal het.

Die mans, Britte en Boere, was verslae oor die vroue se dapperheid en wat hulle bereid was om te verduur vir die Boere se stryd. Die vroue was onversetlik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moes voortveg. Sommige vroue het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien brand eerder as dat hul mans oorgee. Daar het 4 177 Boerevroue en 22 074 Boerekinders in die kampe gesterf. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis van die Boervroue van die Tweede Vryheidsoorlog. Die Oorlogsmuseum is ook daar opgerig.

Lizzie van Zyl, wat in die Bloemfontein-konsentrasiekamp oorlede is

Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment

Related Articles

Latest Articles

Most Popular

  • Antjie Somers
    Antjie Somers
    Antjie Somersis 'nSuid-Afrikaanselegende van 'n man wat bedags teen die hange vanTafelbergwoon, maar hom snags as 'n vrou...
  • Wolraad Woltemade
    Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die...
  • Die Vlieënde Hollander
    Die is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n...
  • Racheltjie de Beer
    Die legende Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n...
  • Beskuit
    Beskuit
    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is...