Maak jou kar onbeskof! Wrap hom!

Most Popular Articles

  • Konsentrasiekampe, epidemies en 'n verskroeide aarde beleid tydens die Anglo-boereoorlog

    Die Britte het nooit 'n totale oorlog gevoer waarin almal voor die voet geskiet is nie. Onderskeid is tussen vegtende en nievegtende Boere getref. Van die einde van 1900 het Britse troepe voor die voet (behalwe waar daar hensoppers was) opstalle afgebrand en vee uitgewis. Verwoesting en chaos is oor amper die hele Vrystaat en Transvaal gesaai.

    Kampe is opgerig om die misplaaste Boere vroue en kinders te huisves. Swart mense wat deur die oorlog ontwrig was, is in aparte kampe geplaas. Die plasing van die kampe was swak en die inwoners het onvoldoende voeding gekry. Uiterste lyding in haglike omstandighede het die inwoners van die kampe elke dag getreiter. Baie het gesterf, veral van buiktifus en masels. Die Britse publiek, plaaslik en in Brittanje, het eers bewus geraak van wat in die kampe gebeur toe Emily Hobhouse in Engeland toestemming gekry het om die kampe te besoek. Hobhouse het in Desember 1900 Engeland verlaat en in Mei 1901 teruggekeer. Voor haar vertrek het sy net kennis gedra van die Port Elizabeth-konsentrasiekamp. Sy is met afgryse vervul oor wat sy gesien het en sy het die publiek geskok met haar onthullings. Teen Oktober 1901 het die sterftekoers tot 344 per 1000 in die kampe opgeskiet. Kinders onder vyf jaar oud het feitlik geen kans op oorlewing gehad nie. Teen die einde van 1901 het 'n kommissie van Engelse vroue, wat oorlogsondersteuners was, ook besoeke by die kampe afgelê. Hulle was net so geskok soos Hobhouse. Hulle het 'n aantal aanbevelings gemaak wat die dodetal skerp laat daal het.

    Die mans, Britte en Boere, was verslae oor die vroue se dapperheid en wat hulle bereid was om te verduur vir die Boere se stryd. Die vroue was onversetlik in hul aandrang dat hul mans en seuns vir onafhanklikheid moes voortveg. Sommige vroue het verklaar dat hulle verkies om hul huise te sien brand eerder as dat hul mans oorgee. Daar het 4 177 Boerevroue en 22 074 Boerekinders in die kampe gesterf. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is opgerig ter nagedagtenis van die Boervroue van die Tweede Vryheidsoorlog. Die Oorlogsmuseum is ook daar opgerig.

    Lizzie van Zyl, wat in die Bloemfontein-konsentrasiekamp oorlede is

    Read more
  • Die einde van die Anglo-Boereoorlog

    Teen die begin van 1902 het die Boeremagte gekrimp tot 10 000 Transvalers, 6 000 Vrystaters en 3 000 Kaapse rebelle. In Suidoos-Transvaal het 'n Zoeloemag 'n Boerelaer aangeval en 56 burgers doodgemaak. Die militere vooruitsigte vir die Boere het al hoe swakker geraak.

    In Mei 1902 het 60 Boereleiers in Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Die Vrystaters was nog steeds gekant teen vrede, maar die swak gesondheid van Steyn het hul saak baie skade aangedoen. Die vredesvoorwaardes het ingesluit dat die Boere die Britse monarg erken as wettige heerser; Boere kon hul besittings, insluitend gewere vir verdediging, behou; en Nederlands sou in die skole van Transvaal en die Vrystaat as vak onderrig word mits die ouers dit verlang. Op 31 Mei het die vergadering met 54 stemme teen 6 besluit om hierdie voorwaardes te aanvaar.

    Vrouens en kinders in 'n konsentrasiekamp.

    Read more
  • Krygsgevangenis tydens die Anglo-Boereoorlog

    Die eerste noemenswaardige groep Boerekrygsgevangenes wat deur die Engelse gevange geneem is, was dié wat tydens die Slag van Elandslaagte op Oktober 21 1899 gevang is. Aanvanklik is die meeste op skepe gesit, maar soos getalle gegroei het, het Brittanje besluit om hulle nie plaaslik gevange te hou nie. Die gevangeneming van 400 krygsgevangenes in Februarie 1900 was 'n belangrike gebeurtenis: Brittanje het besef dat hulle nie alle krygsgevangenes in Suid-Afrika kon akkommodeer nie. Die Engelse het gevrees dat hulle deur simpatieke plaaslike inwoners bevry kon word. Hulle het dit reeds moeilik gevind om aan hulle eie troepe se behoeftes te voorsien, en wou nie die ekstra las dra deur addisionele voorrade vir die krygsgevangenes te stuur nie. Brittanje het dus besluit om hulle oorsee te stuur.

    Die eerste oorsese kampe anders as in Afrika, is geopen op Sint Helena, wat uiteindelik byna 5000 krygsgevangenes ontvang het. Ongeveer 5000 krygsgevangenes is na Ceylon gestuur. Ander is na Bermudaen Indië gestuur. Geen bewyse bestaan dat Boere-krygsgevangenes na die Gemenebes van die Britse Ryk soos AustraliëKanada of Nieu-Seeland gestuur is nie.

    ’n Oorplasingskamp vir Krygsgevangenesin GroenpuntKaapstad, tydens die oorlog.
    Die gevangenes is hiervandaan oorgeplaas na interneringskampe in ander
    dele van die Verenigde Koninkryk.

    Read more
  • Die guerillategniek van die bittereinders tydens die Anglo-Boereoorlog

    Net ná die val van Pretoria het die Transvaalse militêre leierskorps onmiddellike oorgawe aanbeveel. President Steyn was woedend en het aan die Transvalers geskryf dat die ZAR die Vrystaatse burgers en Kaapse rebelle in 'n rampspoedige oorlog betrek het. "Wil die ZAR nou 'n skandelike en selfsugtige vrede sluit die oomblik dat die oorlog sy grense bereik? Wat die ZAR ook al doen, die Vrystaters sal tot die bitter einde veg." Die geveg is toe deur almal voortgesit.

    In hierdie tydperk was die Boeregeneraals mense wat progressief was: kommersiële boere en professionele aambagslui. Hulle het net om een rede geveg: hul onafhanklikheid. Die bittereinders het guerillataktiek gevolg en in klein, beweeglike kommando's geveg. Hulle het treinspore gesaboteer, die voorrade van die Britse troepe onderskep en gevegte uitgelok en dan weer gevlug.

    In hierdie tydperk was daar ook die sogenaamde "joiners". Dit was Boere wat hoofsaaklik as spioene vir die Britte opgetree het in die laaste 18 maande van die oorlog. Daar is geskat dat 5 000 Boere teen April 1902 die Britse oorlogspoging gesteun het. Baie Boere het die Britse saak gesteun omdat hulle geglo het dat daar vir hulle 'n beter bedeling onder die Britte wag en dat hulle na hulle plase kon terugkeer en groot skade en leed kon vermy deur oor te gee of te "hensop".

    Die Britse opperbevel het van twee taktieke gebruik gemaak om die bittereinders te beveg. Eerstens is linies blokhuise en doringdraad opgerig om Boerevegters uit die een distrik na die ander uit te sluit, om hulle sodoende saam te hok om gevang te word. Hierdie taktiek was baie duur en hoewel baie dramaties, kon dit geen groot gevegte tussen die Boere wat die prooi was en Britse jagters uitlok nie.

    Die tweede taktiek wat gebruik was, die Verskroeideaardebeleid, het berus op die vernietiging van die Boere se voorraadbasis deur hul plase te vernietig en die Boere se vrouens en kinders in konsentrasiekampe saam te hok. Vlugtelingkampe wat verplaaste Boerefamilies moes huisves het so vroeg as Julie 1900 verskyn.

    Smuts (in die middel op 'n rots) saam met manskappe nadat hulle naby aan die
    einde van die Tweede Vryheidsoorlog tot in die Kaapkolonie opgeruk het.

    Read more
  • Anglo-Boereoorlog Oorsig

    Die Tweede Vryheidsoorlog of Anglo-Boereoorlog (Engels:Second Boer WarNederlands:Tweede Boerenoorlog) was 'n oorlog tussen die Boererepublieke Oranje-Vrystaat en Zuid-Afrikaansche Republiek aan die een kant en dieBritse Ryk aan die ander kant wat tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei1902 in Suid-Afrika en Swazilandgewoed het.

    Die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog, oftewel die Anglo-Boereoorlog, het vanafOktober 1899 tot Mei 1902 geduur. In hierdie oorlog het die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek (ouTransvaal) en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, te staan gekom teen die Britse Ryk, spesifiek die Kaapse en Natalsekolonies van Groot-Brittanje. Die hele gebied waarop hierdie oorlog plaasgevind het vorm vandag deel van die Republiek van Suid-Afrika.

    Oor die sowat twee en 'n half jaar wat die oorlog geduur het, het dit Brittanje nagenoeg 200 miljoen pond, 448 435 Britse- en Rykssoldate en sowat 20 000 Britse lewens gekos om 'n "Boererebellie" te bemeester.

    Aan die kant van die Boererepublieke was die koste van die oorlog baie hoog. Elke republiek se ekonomie is totaal en al vernietig deur die "Verskroeideaardebeleid" wat deur die Britse generaals toegepas is. Toe die Boere by die Vrede van Vereeniging hul wapens neerlê, het baie as hoofrede vir hul oorgawe die lyding van hul vroue en kinders aangevoer. Ongeveer 5 000 Boere het in die oorlog gesneuwel, en minstens 20 000 Boere en 12 000 Afrikane het hul lewe inkonsentrasiekampe verloor, meestal kinders onder 16 jaar, hoofsaaklik as gevolg van swak voorbereiding, 'n tekort aan behoorlike sanitasie en swak skuiling. Ook aan die Britse kant het die meeste soldate weens die swak organisasievernuf van militêre bewindhebbers nie op slagvelde gesneuwel nie, maar aan siekte beswyk.

     

     

    Read more

Latest Articles

Most Popular

  • Antjie Somers
    Antjie Somers
    Antjie Somersis 'nSuid-Afrikaanselegende van 'n man wat bedags teen die hange vanTafelbergwoon, maar hom snags as 'n vrou...
  • Wolraad Woltemade
    Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die...
  • Die Vlieënde Hollander
    Die is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n...
  • Racheltjie de Beer
    Die legende Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n...
  • Beskuit
    Beskuit
    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is...