Maak jou kar onbeskof! Wrap hom!

Most Popular Articles

  • Die eerste fase van die Anglo-Boereoorlog

    Die eerste skote in die oorlog het op 12 Oktober 1899 geklap nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het. Die Boere het tot die aanval oorgegaan en 'n strook van 160 km in die Kaapkolonie ingeneem terwyl hulle in Natal tot teenaan die Tugelarivier gevorder het. Mafeking en Kimberley het Britse eilande in 'n Boergedomineerde veld geword, terwyl die Britse garnisoen in Natal by Ladysmith vasgekeer en beleër is. Die Britse leër het in verskeie veldslae tweede gekom. Op 11 Desember is 'n frontaanval deur Britse soldate wat deur artillerievuur ondersteun is, afgemaai deur Boere wat hulself in loopgrawe ingegrawe het by Magersfontein naby Kimberley. Op 15 Desember by Colenso het 4 000 Boere, ingegrawe in die hoogtes op die Noordelike oewer van die Tugela, 'n aanval van 16 000 Britte afgeweer wat wou deurbreek na Ladysmith. Hierdie vyf dae is deur die Britse magte die Swart Week genoem. In hierdie tydperk het hulle 7 000 manskappe verloor en geen positiewe strategiese resultate gekry nie.

    Smuts sou egter later melding maak van die "konserwatiewe kortsigtigheid" van die ouer geslag van generaals, wat "die gulde geleentheid" van oorwinning laat wegglip het. Britse troepe het deur Kaapstad en Durban ingestroom. Onder die opperbevel van lord Roberts, wat generaal Kitchener as stafhoof gehad het, het die Britse versterkings vinnig na die front beweeg en die beleërde dorpe ontset. Hulle het 4 000 man onder generaal Piet Cronje by Paardeberg gevange geneem en Bloemfontein op 13 Maart1900Johannesburg op 5 Mei en Pretoria op 6 Junie ingeneem.

    Op 21 Oktober 1900, net voordat die Britte hom kon vang, het president Kruger, van Delagoabaai, vandag Maputo in Mosambiek, na Europa vertrek om steun vir die Boere se saak te probeer werf. Hy het meer as drie jaar later as banneling in Switserland gesterf. President Steyn het tot aan die einde van die oorlog saam met die Vrystaatse guerrillavegters in die veld gebly en die grootste bittereinder geword. Die republieke was verlore. Op 24 Mei en 1 September het Brittanje die administrasie van onderskeidelik die Oranjerivierkolonie en die kolonie van Transvaal oorgeneem. Britse magte het al die infrastruktuur in Suid-Afrika soos die spoorlyne beheer en die 20 000 vegtende Boere wat oorgebly het, was feitelik heeltemal sonder steun.

    Read more
  • Calvinia Vleisfees

    Die Groot Rooi Posbus in CalviniaNet anderkant Vanrhynsdorp lê Calvinia. Hierdie gemeenskap in die middel van die Hantam bied elke jaar vir heinde en vêrre 'n smaakie van die lekkerste vleis wat jy al geproe het. Van Kaapstad af is dit so 4.5 ure se ry om die hele naweek jouself te geniet met kos en drinkgoed. 

    Die fees vind plaas op die laaste naweek in Augustus net betyds om jaarliks die Namakwalandse duisies te groet. Die gemeenskap snoer saam om 'n onvergeetlike ervaring te bied aan elke besoeker wat die pad aandurf na die skaapwêreld.

    Die fees hardloop al vir 25 jaar en groei van krag tot krag.

    Wat jy kan verwag

    • Vleis en nogmaals vleis!
    • Boeremusiek in die aande (danse).
    • Musiek in die arena
    • 'n Plattelandse dorp met baie interessanthede

    Webwerf: http://www.hantamvleisfees.co.za/ 

    Read more
  • Oorsake van die Anglo-Boereoorlog

    Die oorsaak van die oorlog is steeds omstrede. Aan die Britse kant was dit 'n polemiek vanaf die oomblik dat dit uitgebreek het. Anti-imperialiste, asook Marxiste, het die oorlog as 'n produk van 'n kapitalistiese sameswering gesien wat daarop gemik was om, deur middel van brute krag, die diamant- en goudvelde van die Vrystaat en Transvaal te bekom.

    Moderne interpretasies sien Britse beleid as gekaap deur radikale imperialiste soos Cecil John Rhodes en lordAlfred Milner, wat gevrees het dat die nuut gevonde rykdom van die Boererepublieke die droom van 'n Britse Suid-Afrika sou ontspoor. Rykdom het die Boererepublieke in staat gestel om hulself van Britse voogdyskap te bevry en om hul eie onafhanklike buitelandse beleid te volg, wat die deur kon oopmaak vir Duitse beheer van die belangrike Kaapse roete na Indië.

    Brittanje het daarop aangedring dat die Britse onderdane wat op die goudmyne in die Witwatersrandwerk, stemreg moes kry. President Paul Kruger van die Transvaal het geweier en gesê: "Hulle wil nie stemreg hê nie, hulle wil ons land hê". President Marthinus Steyn van die Vrystaat het hom by Kruger geskaar en die lot van die Vrystaat as dieselfde as die lot van die Transvaal beskryf.

    Read more
  • Voorbereiding vir die Anglo-Boereoorlog

    Ondanks die verslegtende verhouding tussen Kaapstad en die Boererepublieke in die laaste dekade van die19de eeu, was die Britte merkbaar swak voorberei vir oorlog aan die vooraand daarvan. Die vernederende nederlaag aan die hande van die Boere by die Slag van Majuba in die Eerste Vryheidsoorlog ten spyt, is die Boererepublieke nie as ernstige teenstander geag nie. Britse militêre intelligensie het gereken dat die Boere slegs 3 000 man in die veld sou kon plaas om kleinskaalse klopjagte in die Kaap en Natal uit te voer, terwyl hulle uiteindelik daartoe in staat was om sowat 30 000 berede manskappe in Natal alleen aan te wend. Die Britse opperbevelhebber, lord Wolseley, het geglo (en die Britse oorlogsminister, lord Lansdowne, het saamgestem) dat 'n garnisoen van 20 000 Britse soldate genoeg sou wees om Britse belange in Suid-Afrika te beskerm.

    In 1895, ná die Jameson-inval, was Kruger seker dat Brittanje op oorlog ingestel was. Hy het 'n klein staande leër op die been gebring en sy administrasie versterk deur knap, jong Afrikaners soos Jan Christian Smutsaan te stel. Daar is probeer om steun vir die Boere in Engeland en Europa te werf, maar geen tasbare steun is verleen nie. Die twee klein republieke het alleen teen die magtigste ryk in die wêreld gestaan. Toe Kruger gevra is hoekom hy teen so 'n oormag veg, was sy antwoord: " 'n Man sal nie 'n leeu aanval met 'n mes in sy hand nie, maar net 'n lafaard sal nie met alle mag veg as die leeu hom aanval nie." Die Boererepublieke het wel daarin geslaag om Duitse Mausergewere en Franse "Long Tom"-langafstandkanonne te bekom. Die Russiese tsaar het 'n paar veldambulanse voorsien en die Transvaal se artilleriekorps is deur Duitsers opgelei.

    Read more
  • Koffie jou lekker ding!

    Vandag het ek weer sulke lekker koffie gedrink daar by 'n sport byeenkoms. Koffie bly nou maar eenmaal 'n ding wat mens nie kan verby kyk nie. Dit is wêreldwyd mos maar iets wat enigiemand kan geniet. Maar veral in Suid Afrika is jy ongeskik as jy nie 'n koppie koffie aanbied wanneer iemand kom inloer nie. Dit help darem terwyl 'n mens so oor die politiek peins en voorspellings maak van wat gaan gebeur. Die boeretroos is darem iets wat ons al deur die ergste gedra het.

    Wat is die herkoms van die woord "boeretroos?" In my soektog kom ek toe mos af op hierdie brokkie geskiedenis. Bon Apetit op Facebook skryf die volgende:

    Waar kom die woord ‘boeretroos’ vandaan?

    Die ou Voortrekkers was eintlik groot teedrinkers en dit was blykbaar hoog mode in die Kaap om tee te drink.
    Koffie het maar ’n tweede plek ná tee gekry.
    Tydens die Groot Trek het die voorraad tee wat saamgeneem is, baie gouer opgeraak as die voorraad koffie wat ook ingepak is.
    Later het selfs die voorraad koffie opgeraak, met die gevolg dat die Voortrekkers ’n ander plan moes maak.
    Hier het die gebruik ontstaan om die wortels van die witgatboom te rooster en fyn te maal en daarvan koffie te maak.
    Blykbaar het die uitdrukking “Kan ek vir jou gat gooi?” dan ook hier sy ontstaan gehad.
    Voorts het die woord “boeretroos” ook hier ontstaan.
    Omdat daar nie meer koffie was nie, moes die “koffie” wat van witgatwortels gemaak is, die boere maar “troos”.

    'n Ander ding wat ek nou aan terugdink is daardie advertensie met Jan Spies wat so eie afrikaans is. Ek het dit weer gaan soek. Hier's hy weer

    Jan Spies Cremora Ad

    Dit het my weer lekker laat terugverlang na die moer koffie daar in Calvinia op my oupa se plot. Ek dink ek gaan sommer nou vir my 'n koppie boeretroos gaan maak.

    Read more

Latest Articles

Most Popular

  • Antjie Somers
    Antjie Somers
    Antjie Somersis 'nSuid-Afrikaanselegende van 'n man wat bedags teen die hange vanTafelbergwoon, maar hom snags as 'n vrou...
  • Wolraad Woltemade
    Wolraad Woltemade (gebore Woltemathe, na Woltemade verhollands) is in 1708 in Hesse-Schaumburg gebore. Sy naam verskyn vir die...
  • Die Vlieënde Hollander
    Die is 'n beroemde seelegende van die Kaap. Volgens oorlewering het kaptein Henderik van der Decken in die 17de eeu in 'n...
  • Racheltjie de Beer
    Die legende Volgens legende was Racheltjie deel van 'n trek van die Oranje-Vrystaat na die Suidoos-Transvaal. Tydens 'n...
  • Beskuit
    Beskuit
    Beskuit is iets waarmee 'n mens grootword en dis amper ondenkbaar dat daar nie orals in die wêreld beskuit is nie. Dit is...