Featured

Bobby Van Jaarsveld & Leah - Totaal Finaal (As Jy Sing)

564 Views
Published
Bobby van Jaarsveld sing Totaal Finaal uit die Afrikaanse musiek fliek As Jy Sing wat in November 2013 vrygestel was.

Na 'As Jy Sing' se openingsnaweek, kan mens met sekerheid sê die Afrikaanse filmpubliek het weer karakters ontdek met wie hulle hul kon vereenselwig en 'n lewensfilosofie beleef wat hul laat besef het "Almal het iemand nodig om in hulle te glo."

Met van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf betrokke, stel "As Jy Sing" nuwe standaarde en vestig dit die Afrikaanse rolprentbedryf selfs stewiger in die saal in terme van vermaak. Bobby van Jaarsveld speel die rol van 'n doodgewone musiekonderwyser, Meneer Conradie, by 'n sportmal skool. Hy leef vir sy sanggroepie, die Bekfluitjies, wat moet veg vir hul plek in die son aangesien die skoolhoof, gespeel deur Robbie Wessels, defnitief ander planne het as om hul daai plekkie te gun. Maar die groepie, aangedryf deur die wete dat iemand in hul glo, gaan hul nie so maklik laat onderkry nie. Veral nie wanneer hul weet die lewe kry ware betekenis wanneer hul sing nie. Die res van die sterbelaaide rolverdeling spog met name soos Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Hanna Grobler en Katlego Maboe, asook nuwe jong talent soos Leah, Tiaan Kelderman, Franja du Plessis (Juanita se dogter) en Georic Lomas. En daar is drie lekker verrassings ook met groot name in die industrie wat as hulself 'n verskyning maak.

Regisseur: Andre Odendaal
Category
Bobby van Jaarsveld
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment