Rig Jou Oë Na Die Berge - Jo Black ft Refentse (Lyric Video)

594 Views
Published
Gee my net 'n oomblik
Ek wil jou iets vertel
Ek skryf nie elke dag
'n Liedjie vir my beste pel

Ja die dae was kort
En die nagte lank
Kan jy sien hoe ons drome
Na die hemel rank

Ek is hier vir goeie tye
But that's not all
Jy weet ek staan
Hier in jou hoekie
As die storms rol

Ek hoop jy hoor my mooi
You'll always be my boy
Just gimme one call
En woeps val die manne

As dit donker raak
Moet jy weet
Jy maak saak

Rig jou oë op na die berge
Ek weet die lewe los sy merke
En as jy val, weet ek sal jou dra
Rig jou oë op na die berge
Jou gebede maak jou sterker
En op my knieë sal ek intree vir jou
Rig jou oë op na die berge

As die donker kom
En jou hart verdwaal
Sal ek die stilte vir jou storm
In die hemel gaan haal

Ek weet die dag sal kom
Wat jy terug gaan kyk
En sien hoe maak die Here
Al jou paaie gelyk

Elke oggend wat ons opstaan
Is 'n tweede kans
Jou storie is 'n lied
Leer op die ritmes dans

En as die lewe druk
En jy wil moed opgee
Sit jou hande bymekaar
Gaan veg op jou knieë

Laat my hoop jou dra
Druk net deur
Jy's amper daar

Rig jou oë op na die berge
Ek weet die lewe los sy merke
En as jy val, weet ek sal jou dra
Rig jou oë op na die berge
Jou gebede maak jou sterker
En op my knieë sal ek intree vir jou
Rig jou oë op na die berge

Ek kyk op na die berge
(Rig jou oë op na die berge)
Waar sal my hulp vandaan kom
(Rig jou oë op na die berge)
My hulp kom van die Here
Wat hemel en aarde geskape het
(Rig jou oë op na die berge)

Rig jou oë op na die berge
Ek weet die lewe los sy merke
En as jy val, weet ek sal jou dra
Rig jou oë op na die berge
Jou gebede maak jou sterker
En op my knieë sal ek intree vir jou
Rig jou oë op na die berge
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment