Die Gevaar van Familiariteit

115 Views
Published
DIE GEVAAR VAN FAMILIARITEIT

"Jy is vir hulle maar net soos iemand wat met 'n mooi stem liedjies vol begeerte sing en die lier goed speel; hulle hoor wat jy sê, maar hulle doen niks van wat jy sê nie. Maar wanneer wat jy sê, uitkom, en uitkom sál dit, sal hulle besef dat daar 'n profeet tussen hulle was.” Esegiël 33:32-33 (NAV)

“Hier kom Esegiël al weer. Ek wonder wat is sy boodskap vir die dag?  So ‘n begeesterde jong man.  En altyd so ernstig.  Maar tog interessant om na sy ietwat oordrewe woorde te luister.  Hy gee die dag ‘n bietjie kleur.”  So kon ‘n tipiese gesprek tussen Esegiël se tydgenote oor sy bediening onder hulle verloop het.  Honderde jare later het ‘n jong man van Nasaret op ‘n dag in sy tuisdorp se plaaslike sinagoge gedeeltes uit die boek Jesaja gelees en verstommende uitsprake oor die vervulling daarvan gemaak.  In Lukas 4 vers 22 lees ons dat die toehoorders “verwonderd was oor die aangename woorde uit sy mond”.  Maar toe begin hulle vir mekaar te sê: “Is hy dan nie die seun van Josef nie”.  Familiariteit met Jesus het hulle ore toegestop en sodoende het hulle heeltemal uitgemis op die belangrikste dag in die geskiedenis van hulle dorp.  Hulle verlossing het gekom en gegaan, want hulle het nie die gevaar van familiariteit met die woord én die Woord besef nie. In 1 Petrus 4 vers 11  kry óns die opdrag om so om te gaan met die Bybel en dit vanuit ons hart te spreek dat ons woorde sal wees “soos woorde van God”.  Maar weereens loop ons gevaar om so familiêr te raak met die Bybel en met mekaar dat ons nie die heilige woorde van God ernstig opneem wanneer ons geliefdes of broers en susters in die Here dit met erns en oortuiging spreek nie. Ek en jy het die heerlike voorreg en ook die dringende verantwoordelikheid om die woorde van die Bybel in ons hart in te neem en met mekaar daaroor te praat; om op te wek, te stig, te bemoedig én te waarsku.  Moenie dat familiariteit jou beroof van die impak van die woorde van die ewige God nie.  Dit kan jou baie duur te staan kom aan die einde van die dag.
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment