Fokofpolisiekar | Teen die wet (Official)

134 Views
Published
“Hierdie song is rof vir my. Dit gaan oor die sielkundige effek van die inperking. Ek het al 'n paar keer trane gestort as ek dit luister en dink aan die horror stories van lockdown wat niks te doen het met die siekte nie.''
- Hunter Kennedy

We will be performing this song live for the first time at the 'The sound of FOKOF unplugged' livestream on Sunday, 29 November.
Get your ticket now: https://bit.ly/fokofunplugged


Add 'Teen die wet' to your library or to a playlist of your preferred streaming service: https://bit.ly/kajuitkoors


Thanks to our chommie & legend Lionel Smit (Side Film Production). He hung out with us while we recorded 'Kajuitkoors', captured this footage and then edited it into a beautiful video.

Dank U for watching & listening.

Teen die wet lyrics:
vul my asseblief, meneer die nuus-anker
verseker my dat die skole summier toe sal bly
daai stem ...
o, dis so kalmerend
daardie mantra van moord
ek het ’n getuie nodig

dis teen die wet om te sing
dis teen die wet om te dans,
maar ons kan hemel toe gaan
as ons ons breins uit wil blaas
probeer is die beste geweer
ja, die waarheid is wreed
probeer is die beste geweer
ons kan hemel toe gaan
as ons net probeer

dis teen die wet om te wandel
dis teen die wet om te praat
dis teen die wet om te werk
dis teen die wet om te lees
dis teen die wet om te skryf
of om swart of bruin of wit te wees
dis teen die wet om te dink
ja, dit was nog altyd so
dit wat ons onderdruk
en dit wat ons glo
word afgeforseer van bo

dokters van die dood
genees ons, ons pyn
ek lyk soos ’n man, maar ek issie
stap in die kollig in soos ’n sissie
kom uit die wolke op ’n masjien in die stof in, stil

ons beweeg heen en weer
een keer die jagter
een keer die prooi
o, dis so mooi
as die standbeelde val
en die skuldiges sweet
en die golwe van verandering breek

as die wêreld sou eindig en dit sneeu in die Kaap
wil ek net hê jy moet weet
dis teen die wet
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment