Hier by my - Coenie de Villiers

337 Views
Published
Daar is oorloë
en gerugte van oorloë;
skrapnel - so word vertel -
lê die wêreld vol,
die swendelaars word kwytgeskeld
en haat en nyd met haat vergeld
en die wêreld tel sy munte een vir een

(koor)
Maar hier by my, my lief
is daar skuiling teen die wind
word 'n grootmens weer 'n kind
word die wysheid weer onskuldig;
want hier by my, my lief
word die winter weer 'n somer
word die mens desnoods 'n dromer
wat die landskap van die hart oplaas verken

Daar is veldslae
sonder oorsaak, sonder rede
en 'n wêreld wat verslae deur die lang nag waak;
maar die môre bring weer nuwe leed
want die vrede is reeds lank vergeet
ja, die wêreld tel sy munte een vir een

(koor)

Want stryd het die beleid geword;
het die credo van ons tyd geword;
"wees gewapen, wees gepantser, wees paraat..."
Category
Coenie de Villiers
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment