Featured

Kersfees In Afrika - Chris Chameleon

383 Views
Published
Sesendertig grade in die somerson, snikheet
En 'n pikswart kersfeesvader sit voor 'n winkelsentrum en sweet
Kinders loop in plakkies rond aan roomyse en smul
En net die prentjies op kerskaartjies is in spierwit sneeu gehul

Kersfees in Afrika, as hy wil kan kersfeesvader maar sy kort broekie hier dra
Kersfees in Afrika, ruil jou takbok vir 'n donkie en jou slee vir 'n donkiekar
Hahaha, dis kersfees in Afrika

Glühwein en kaneel gee pad vir bier en aromat
'n geroosterde kalkoen maak plek vir 'n braai in die achterwerf
Niemand hier dra mussies nie en jassies is taboe
Met 'n pet op vol sonbrandroom stroom ons almal strande toe

Kersfees in Afrika, as hy wil kan kersfeesvader maar sy plakkies hier kom dra
Kersfees in Afrika, ruil jou takbok vir 'n donkie en jou slee vir 'n donkiekar
Hahaha, dis kersfees in Afrika!
Category
Chris Chameleon
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment