My Kompas vir 2021 - 3 Januarie 2020 (08:15)

206 Views
Published
Deuteronomium 6:4-9 (NAV) “Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.”
In 2021 gaan ek God liefhê met my hele hart en my hele siel en met al my krag en verstand. In my huis en in my familie, maar ook tussen ander mense gaan ek die voorbeeld stel van gehoorsaamheid en toewyding aan die Here.
• Filippense 1:21 (NAV) … want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.
In 2021 wil ek regtig weet en ervaar dat Jesus my lewe is. Ek wil sy kruis dra. Ek wil ervaar hoedat Christus elke dag my lewe is. Ek wil Hom in alles eer en dien.
• Psalm 119:105 (NAV) U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.
In 2021 is die Here se Woord my lig en my lamp. Ek wil nie gedurende hierdie jaar een stel beginsels hê vir my geestelike lewe en ’n ander stel vir my “normale” lewe nie. Die Bybel gaan hierdie jaar my hele lewe elke dag verlig. Daarom gaan ek dit bestudeer en aanhoudend uitleef.
• 1 Johannes 4:19-21 (NAV) Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.
In 2021 wil ek nie meer godsdienstig raak, maar minder liefdevol nie. Ek wil nie Bybelverse links en regs aanhaal, maar ek loop gedurig bo-oor ander mense nie. Ek wil groei in my liefde en diens aan ander. Ek wil my naaste liefhê soos myself.
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment