Featured

Snotkop :Ek Laaik Van Jol (23.02.2012)

297 Views
Published
Die Vrystaatse boorling Francois Henning -- oftewel die gewilde rymkletspopster Snotkop -- is glad nie so wild soos mense dink hy is nie! "Maar ek beskou my tog as 'n rebel met 'n doel: iemand wat glo dat almal moet opstaan vir hulself en nooit toelaat dat enigiemand in die pad van jou menswees en drome staan nie!"

Sy pa, wat onlangs oorlede is, het hom die bynaam gegee omdat hy glo so vrek stout was as jong seun. "Dit pas ook baie goed by my en is eg Afrikaans!"

Met 100 liedjies op sy kerfstok, vyf albums, talle musiekvideo's en toekennings wil Snotkop net jol!

Hier's die feite...
HOOGTEPUNTE
· Elke liewe Snotkop-album.
· Innibos -ptredes voor 30 000 mense.
· Al my toekennings.
· Elke liewe konsert wanneer my aanhangers hulle longe uitsing en saam dans; daar is geen beter belonging vir al die harde werk nie.
· Elke Huisgenoot Skouspel-optrede.
· Die eerste keer toe ek een van my songs op die radio hoor.
· Die aand toe my Ma en Pa trots in die gehoor in die heel eerste ry gesit het by die 2009 Skouspel.
· Die dag wat ek aangesluit het as een van Select se kunstenaars.
· Wanneer ek 'n e-pos ontvang van 'n aanhanger wat vertel hoe my musiek iets vir hom of haar beteken...

OM AAN TE HAAL
Ek haat dit om te kook. Ek is bang vir spoed. Ek is baie goed met luister. Ek is baie netjies en redelik erg oor higiëne. Ek is vrek bang vir skerpioene. Ek hou van klassieke musiek. Ek haat rollercoasters!!! Ek kan nie laat slaap nie; is gewoonlik soggens sesuur al wakker...

A SE GROOTSTE POP SENSASIE!
Die splinternuwe treffer belaaide SNOTKOP album 'EK LAAIK VAN JOL' is uit!
Die album is skaars 'n paar weeke op die rakke en is reeds nommer 4 op DKNT se Top tien beste verkopers, en verkoop soos soet koekies dwars deur die land!
'Ek laaik van jol' is 'n versameling van 15 gatskop treffers, insluitend die party anthem 'Ek laaik van jol' en die hartroerende 'Song vir my Dad' wat Francois vir sy Pa geskryf het 'n week voor hy gesterf het. 'Song vir my Dad' kan tans op radiostasies reg oor die land gehoor word en die eerlike, hartroerende lirieke praat direk met die hart.
Die album word deur kenners beskou as Snotkop se beste werk tot datum. Hierdie baanbreker album het 'n vars, nuwe, pop aanslag met die kenmerkende Snotkop tong in die kies lirieke wat enige partytjie vinnig aan die gang sal kry!
SA se gewilde, SAMA benoemde kunstenaar, Snotkop is een van die land se populêrste kunstenaars wat duisende mense se harte gesteel het met sy talent, musiek, positiewe boodskap, passie en aansteeklike energie! Vol gepakte sale en met meer as 100 000 albums al verkoop het Snotkop sy merk duidelik in die musiek bedryf gekerf.
Category
Snotkop
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment