Stap Teen Geweld - Bobby Van Jaarsveld

379 Views
Published
Op Dinsdag, 19 Junie gaan AfriForum saam met Bobby en Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr en 30 ander bekendes aan 'n staptog na die Uniegebou deelneem om regeringsingryping teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika te eis.
Hierdie inisiatief is geneem in reaksie op die grumoorde van die 5-maande-oue Wiehan Botes en sy oppasser, Margrietha de Goede (66) in Delmas verlede maand.

"Kunstenaars reis dwarsoor Suid-Afrika en hoor weekliks hoe mense hulle geliefdes aan die dood afgestaan het tydens inbrake, motorkapings en gewapende rooftogte. Ander was weer slagoffers van ander geweldsmisdade soos verkragting en aanranding Hierdie slagoffers is ons ondersteuners en ons kan nie stil sit en toekyk hoe hulle daagliks uitgelewer is aan misdaadbendes wat besig is om mense se regte en vryhede te vertrap nie", Bobby van Jaarsveld.

Suid-Afrika rou oor elke persoon wat geraak word deur geweldsmisdaad. Ons gaan hierdie boodskap aan die president oordra en eis dat die regering daadwerklik teen geweldsmisdaad optree, daarom steun AfriForum hierdie inisiatief.
Alle Suid-Afrikaners word uitgenooi om Dinsdag, 19 Junie om 10:00 vanaf die Pretoria Kunsmuseum tot by die Uniegebou saam te stap teen geweldsmisdaad. Deelnemers sal SWART KLERE dra met 'n WIT serpie / bandana / hoed.

Die swart klere simboliseer dat ons as Suid-Afrikaners rou oor elke persoon wat vermoor is of deur geweldsmisdaad geraak is, terwyl die wit simboliseer dat daar in vrede vir vrede gestap word. 'n Memorandum sal aan die presidensie oorhandig word.
Mense kan ook die webwerf, www.stapteengeweld.co.za, besoek vir meer besonderhede.

Ander bekendes wat aan die staptog deelneem, sluit in:
ADAM, Corlea Botha, Gavin Prins, Jennifer Zamudio, Pieter Koen, Adam Tas, Derick Hougaard , Gerrie Pretorius, Karen Ferreira, Riana Nel, Andre Schwartz, Dewald Louw, Henk Grimsell, Lianie May, Ricus Nel, Angelique Gerber, Dewald Wasserfall, Houlson Twins, Loui Fish, Rudi Claase, Armand Hofmeyr, Dozi, Izak Davel, Lynnè de Jager (Mev SA 2011), Sorina Erasmus, Arno Jordaan, Elizma Theron, Janine vd Vyver, Niel Somers, Sunette Bridges.

Vir meer inligting epos vanrensburg@afriforum.co.za of ronelbrink@vodamail.co.za

Video deur Elrich Yssel & Bea Pretorius
Category
Ricus Nel
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment