Ampie Coetzee en die Afrikaanse letterkundestudie

128 Views
Published
Saterdag 28 November 2020, 12:00 – 12:45 | Woordtent
Tuin van Digters, Breytenbach Sentrum, Wellington

Met: Louise Viljoen, Gerrit Olivier, Steward van Wyk en Jolyn Phillips en die nuwe geslag letterkundiges

Ampie Coetzee, wat op 15 Oktober 2020 oorlede is, se werk as letterkundige en dosent by die universiteite van die Witwatersrand en Wes-Kaapland het ’n belangrike impak op die Afrikaanse letterkunde-studie gehad. Louise Viljoen gesels met proff. Gerrit Olivier en Steward van Wyk, oud-kollegas, asook met die digter Jolyn Phillips oor hulle visie vir die toekoms van die Afrikaanse letterkunde-studie.

Die negende jaarlikse Tuin van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, is in 2020 van 27 tot 29 November saam met NB-Uitgewers as medeborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington aangebied.

Tuin van Digters word jaarliks in September aangebied op die naweek naaste aan die verjaardag (16 September) van die digter Breyten Breytenbach, wie as skoolkind saam met sy ouers in die gebou wat vandag die Breytenbach Kultuursentrum is gewoon het. Dit sou vanjaar op 18 en 19 September plaasgevind het, maar is weens die COVID-19 pandemie op Vrydag 27, Saterdag 28 en Sondag 29 November aangebied .

Tuin van Digters 2020 word ook die volgende drie jaar saam met NB Uitgewers as medeborg gehou. Die Dagbreek Trust is steeds die hoofborg van die fees.

Die tema van Tuin van Digters 2020 is grendels slotte sleutels. Soos NP van Wyk Louw in sy eerste reël van Tristia, XIVb geskryf het: "slotreëls is altyd sleutels meer as slotte:"

COVID-19 het elkeen noodgedwonge nuut en anders laat dink oor die hier wees en die lewe en dood en skep en anders wees. Ook om die sleutels te soek waarmee die grendelslotte binne elkeen oopgesluit kan word op soek na hoe om die sin van ons hier wees en die nuwe normaal te verstaan en dit op skeppende wyse te aanvaar en uit te leef.

Vir meer inligting, besoek www.breytenbachsentrum.co.za.
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment