Featured

Bok Van Blerk - Modder En Bloed AMPTELIKE MUSIEKVIDEO

727 Views
Published
'Modder En Bloed' uitgevoer deur Bok van Blerk.

Geïnspireer deur die film 'Modder En Bloed', in fliekteaters landswyd 1 April 2016.

'n Dark Matter Studios and Collective Dream Films produksie.

Vir meer besoek www.modderenbloedmovie.com

Woorde:

Ek staan verlate langs geraamtes
Gebeende vingers wys na my
Hier tussen stof en roet en haat
Staan net die duiwel langs my sy

Alles is weg
ek het alles verloor
In die grond bloei die mensdom se dade
Vir dit wat lê hier onder ons aarde
Word in die naam van oorlog gemoor

En my hart en my siel is vertrap
in daai modder en bloed
Staan nou op
staan nou saam
voor jou volk en jou land hier vergaan
Lig jouself soos een man uit die stof en die sand
draai jouself terug na God
vind jou siel en jou moed
in daai Modder en Bloed
in daai Modder en bloed

Nou staan ek hier
Gesak op my kniëe
En ek weet wat ek Hom nou moet vra
Wees die vuur en die staal in ons lywe
Om die vyand se haat te verslaan

En my hart en my siel is vertrap
in daai modder en bloed
Staan nou op
staan nou saam
voor jou volk en jou land hier vergaan
Lig jouself soos een man uit die stof en die sand
draai jouself terug na God
vind jou siel en jou moed
in daai Modder en Bloed
in daai Modder en bloed

Net die duiwel sterk sy dade
Vir 'n moordenaar se haat
Want net 'n goddelose aarde
Vermoor sy kinders in die aand.

Uitgevoer deur Bok van Blerk.
Geskryf Deur Sean Else en Johan Vorster.

© Mozi Publishing/Inhoud Huis Uitgewers
Category
Bok van Blerk
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment