Maak jou kar onbeskof! Wrap hom!

Featured

Riaan Benadé - Kattebak (Amptelike Musiekvideo)

5 Views
Published
Luister 'Kattebak' hier: RiaanBenade.lnk.to/Kattebak

Baie dankie aan Kate Roothman wat saam met my hierdie storie vertolk het, jy's in 'n klas van jou eie.
Aan Eric Graham en Tehan Buys, julle is meesters en ek sien nog baie kuns wat ons saam gaan maak.
Aan Georic Lomas my mede skrywer aan "Kattebak" en Marco Van Deventer, dankie vir al julle harde werk op die dag en gedurende die uitrol van die projek, ek werk enige tyd saam met julle!
Aan Corbêr Viljoen en "Wat Swaai Jy", baie dankie vir die perfekte kar vir hierdie storie, altyd my go-to vir vintage karre!
Aan Robin Kielly, jy't hierdie musiek produksie uit die park geslaan!
Aan Paulo Azevedo, jy weet hoe om die beste uit my te kry in die ateljee, dankie vir jou vriendskap en leiding.
Almal by Warner/Coleske Artists, ek is geseënd met die beste span.
En Laastens aan Melissa Benadé, jy hou my sterk en ondersteun my soos iets uit 'n droom. Lief jou so baie! Kom ons maak 'n Kattebak vol stories.

________________________

Lirieke:

Vreesaanjaend
Jy was die stikstof
Wat my asem
Weg kon slaan
En ons twee saam

Brouery
Op “Kerk” en “Hani”
Laataand ingebreek
Vir ons twee saam

En ons twee saam
Was genoeg
Om die einde
Van ons ouers te wees

As jy my nie kan hê nie
Sal jy my ruïneer
Jy hoef dit nie te sê nie
Ek sien dit weer en weer
In jou oë
Nog ’n kloof
Waar ek net weer kan val
’n Kattebak vol stories
Wat niemand ooit sal hoor nie
Net vir my en jou

Lees my hand
Sê my, my toekoms
Waar riviere
Saam kan vloei
Vir ons twee saam

Nou en dan
Kan ek nie verstaan nie
Wat daar in
Jou kop aangaan
Vir ons twee saam

En ons twee saam
Was genoeg
Om die einde
Van ons ouers te wees

As jy my nie kan hê nie
Sal jy my ruïneer
Jy hoef dit nie te sê nie
Ek sien dit weer en weer
In jou oë
Nog ’n kloof
Waar ek net weer kan val
’n Kattebak vol stories
Wat niemand ooit sal hoor nie
Net vir my en jou

Ek sal weer ’n week
In die tronk slaap
Om saam jou hoog
Te wees
Op adrenalien
(Op adrenalien)
Op adrenalien
(Op adrenalien)

As jy my nie kan hê nie
Sal jy my ruïneer
Jy hoef dit nie te sê nie
Ek sien dit weer en weer
In jou oë
Nog ’n kloof
Waar ek net weer kan val
’n Kattebak vol stories
Wat niemand ooit sal hoor nie
Net vir my en jou
Category
Riaan Benade
Tags
#afrikaans, #gedigte, #liefde
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment