EEN WOORD WAT MY HOOP GEE - 6 Desember 2020 (08:15)

148 Views
Published
DIE WOORD, SKIELIK


Vliegtuig wat opstyg


GEBRUIK VAN DIE WOORD, SKIELIK


Jeremia 51:8 (NLV) Skielik het Babel nou ook geval en is verwoes. Huil oor die stad! Gee vir haar medisyne, miskien is daar genesing.


Job 1:19 (NLV) “Skielik was daar ’n baie sterk wind wat van die woestyn se kant af gewaai het. Dit het die huis van alle kante getref, en die huis het inmekaargeval. Al u kinders is op slag dood. Ek was die enigste wat oorleef het om dit vir u te vertel.”


Jesaja 58:8 (OAV) Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitsruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die Here jou agterhoede wees.


Handelinge 16:25-26 (NLV) Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister. Skielik kom daar ’n groot aardbewing sodat die fondamente van die tronk geskud het. Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!


• Wederkoms gaan skielik wees
• Paulus het skielik ‘n lig gesien
• Moses het skielik ‘n brandende bos gesien


Handelinge 2:1-4 (NLV) Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was. Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit. Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.


KERSFEES BETEKEN ALLES KAN SKIELIK VERANDER


Lukas 2:8-10 (NLV) Daardie nag was daar skaapwagters wat in die veld buite die dorpie hulle skape opgepas het. Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword, maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!”


WANNEER GEBEUR DIE, SKIELIK?


Hebreërs 10:35-38 (NLV) Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in. Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam. Dan sal julle ontvang wat God beloof het. Nog net, soos die Skrif sê, “’n baie kort tydjie, en Hy wat op pad is, sal kom. Hy sal nie talm nie. Dié mense wat my wil doen, sal uit die geloof lewe. Maar dié wie se moed hulle begewe – van hulle wil Ek niks weet nie.”
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment