Featured

Koos Du Plessis Molberge

503 Views
Published
Koos Du Plessis Molberge

Jou naam besing verlore ou fonteine en tower
beelde van oases langs die pad;
maar ver al wys die torings van die myne:
jou skoonheid lê veel dieper - in die hart.
En ek onthou:
Op 'n manier was daar maar net dieselfde
vrede -
dié neig mos om te woon net waar hy wil.
En daal ek af in skagte na benede,
die verlede,
word die rammelende ratte langsaam stil.
En die dreuning in jou buik skud snags die mure
en bring flitse van blou blitse in 'n skag —
waar mans, soos molle, grou in diepdroom-ure
en goud breek uit die brandkluis van die nag.
En ek onthou:
Ek onthou nog soms die misreën in Augustus,
uit die newelige berge van die mol;
die gelatenheid van mense wat gerus is,
maar bewus is:
hierlangs is die wêreld halfpad hol.
Daar was legendes van die vreemdste avonture,
diep-diep in die mensgemaakte berg;
en saans, in grotte om die bendevure,
het die ligspel teen grou wande al's verdwerg.
En ek onthou:
Daar was 'n huis met 'n kombuis en
greinhouttafel;
en ses mense het gedeel in lief en leed.
En mettertyd het alles uitgerafel,
maar wat die leed was, het ekjare terug vergeet.
Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede,
uit die newelige berge van die mol;
en droom en bou, al vreet die vrees my vrede,
en al is my eie wêreld haljpad hol.
En droom en bou, al vreet die vrees die vrede,
Want die wêreld is maar oral haljpad hol.
En ek onthou.
Category
Koos du Plessis
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment