Joe Foster - Ridder (Verlowing van Elrika Du Plessis en Quentin Brown)

485 Views
Published
Director: Luther Van Der Watt - AVC Productions
Elrika Du Plessis en Quentin Brown - Bos Verlowing

Ek sing in een van my gunsteling liedjies "Ridder" die woorde "Eks nie 'n ridder, 'n ridder op 'n witperd nie, eks net 'n man maar eks joune" - maar toe kom Quentin Brown en kom bewys my verkeerd. Daar is toe nog 'n Ridder op 'n witperd met hierdie perfekte plan om vir Elrika Du Plessis soos in 'n perfekte sprokiesverhaal te vra om te trou.

Ek en my span moes vroeg die middag opdaag by Hertfort Hotel om in groot geheim te begin reg maak vir die groot oomblik. Met ons aankoms het hulle vir ons gesê ons moet af stap met 'n random bospadjie tot ons by 'n plek kom waar die klank ouens reeds besig was om op te stel.

So met keyboard en gear in die hand was dit 'n behoorlike bundu-bash tot ons by 'n plekkie in die middel van 'n woudagtige area gearriveer het. Dit was so 'n lukrake plek om "verhoog op te slaan" totdat die liggies en opstel begin aankom het. Dit was iets uit 'n sprokieswêreld.

Alles was buite wat ek normaal sou doen en ek was nogal nervous vir wat hier gaan gebeur. Dit is 'n groot oomblik waarvan ek deel kan wees. Ek weet net ek moet Elrika se gunteling liedjie "Ridder" sing terwyl sy deur die woud met'n sprokiesagtige beligte padjie moes stap tot waar ek dit live gesing het. Behalwe dat sy baie verbaas was om my daar te sien was sy nog groter verras toe Quentin vir haar op sy kniee vra om syne te word.

Daarna het ek vir hulle twee en naby familie 'n klein optrede gedoen met 'n paar van my grootste liedjies.

Luther Van Der Watt van AVC Productions het ook 'n musiek video gemaak van hierdie ongelooflike oomblik. Ek is so gelukkig om deel te kon wees van iets uit 'n sprokiesverhaal. Dankie aan almal wat betrokke was.

So op Valentynsdag is dit die perfekte dag om hierdie liefde en geluk van Naam en Naam met jou vriende en op jou sosiale media te deel.

Lirieke

Ek kan jou belowe, jy soek meer as ’n man van staal. Jy’t ’n behoefte vir liefde. Nie net ’n hero wat jou kom haal uit ’n sprokiesverhaal, uit ’n sprokies verhaal. Want ek is nie, EK’S NIE ’N RIDDER ’N RIDDER OP ’N WIT PERD NIE. EK’S NET ’N MAN MAAR EK’S JOUNE. EN EK BELOWE TOT DIE DOOD TOE SAL EK VEG VIR JOU, VIR JOU, VIR JOU. MAAR EK’S NIE ’N RIDDER NIE. Ek’s net ’n man. Ek’s net ’n man wat sy hart wil volg, en ek volg dit net na jou toe. Al wil jy my verander en my laat verdwaal, in jou sprokiesverhaal. In jou sprokiesverhaal. EK’S NIE ’N RIDDER ’N RIDDER OP ’N WIT PERD NIE. EK’S NET ’N MAN MAAR EK’S JOUNE. EN EK BELOWE TOT DIE DOOD TOE SAL EK VEG VIR JOU, VIR JOU, VIR JOU. MAAR EK’S NIE ’N RIDDER NIE.
Category
Joe Foster
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment