Spoegwolf - Bellevlei (Official)

179 Views
Published
© Spoegwolf 2021
Groen nou beskikbaar op alle streaming platforms.
Kaartjies en Links na shows: https://linktr.ee/spoegwolf

Vervaardig deur Spoegwolf
Cinematography, Editing en Kleur: Eric T. Graham.

Spoegwolf is:
Danie du Toit
Chris von Wielligh
Moskou du Toit
Albert van der Merwe
Hiram Koopman

Lirieke:
jy’s my vakansie sonder see
in die skadu, my laatoggend-tee
om jou vir die ewige lewe te ruil
lief, is die antwoord nee

om jou so in jou huis te sien
is om die toekoms te voel
is om die Here te dien
jy hang jou klere soos ou stories op
al jou honde kom kyk
vertel my dit was klein
was dit klein?
as ek so naby aan jou staan kan ek dit voel
jou lank terug, jou nou en jou eendag
in ’n piksoen terwyl jy dit wegpak

Bellevlei, is daar iets van my hier begrawe?
ek weet ek’s nou nader aan my rus

wat my die seerste maak word krag
ek hoor die sterkste hart is sagter
en braaf genoeg om te breek
ek hardloop deur hierdie miltsteek met ’n naam
was dit klein?
as jy so naby aan my staan kan ek dit voel
my lank-terug, soos klere, is pikswart
ek glimlag maar as ons wegpak
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment