Spoegwolf - Verander (Official)

218 Views
Published
Groen Album Launch 10 Maart: https://qkt.io/ey5bGe

© Spoegwolf 2021
Groen nou beskikbaar op alle streaming platforms.

Music Video:
Vervaardig deur Spoegwolf
Editing: Chris von Wielligh
DOP: Hugo Brand
Assistente: Frits Visser

Baie dankie aan The Old Tannery Wellington vir die gebruik van venue.

Spoegwolf is:
Danie du Toit
Albert van der Merwe
Chris von Wielligh
Moskou du Toit
Hiram Koopman

Verander:
Lirieke en Song deur Danie du Toit
Musiek deur Spoegwolf

Lirieke:

sy bly met haar honde
op ’n blommeplaas
sy stap soms vol wonder
deur akkerbome
sy vloek in Afrikaans
sy slaan jou op jou arm
na die eerste dans
sy woed soos ’n storm
maar in haar groen sien jy
binne is dit stil
sy laat jou in
sy lê op jou bors en sê
hey, jy’t iets om te sing
maar wat van hierdie ding wat ek geword het?
nee, dis net ’n begin
wat het verander?
jy sê ons is mens
maar ek voel anders
ek het al my kaarte gespeel
mik vir my bors
mik vir my
sy skraap eers jou kole
soos liggies bymekaar
en jy skyn teen haar sterre op

soos Kaapstad in die nag
maar dis goed genoeg
sy sê jy’s goed genoeg vir haar
jy voel jy ken dit klaar
jy ken iets van haar in die donker
en jy weet
jy weet dis vlees en bloed, maar
iets in haar oë is ’n ander groen
die akkerbome-groen
sy laat my in
sy lê op my bors en sê
hey, jy’t iets om te sing
maar wat van hierdie ding wat ek geword het?
nee, dis net ’n begin
wat het verander?
jy sê ons is mens
maar ek voel anders
ek het al my kaarte gespeel
mik vir my bors
mik vir my
Category
Francois van Coke
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment