Maak jou kar onbeskof! Wrap hom!

Zaan Sonnekus - Skree (official music video)

4 Views
Published
Luister my musiek hier :
https://linktr.ee/zaansonnekus

volg my op instagram :
https://www.instagram.com/zaan_sonnekus?igsh=MXdiNThrd3hkdTNnbw%3D%3D&utm_source=qr

volg my op TikTok :
https://www.tiktok.com/@zaan_sonnekus?_t=ZM-8xt4W6Vsbo8&_r=1

Lyrics :
(Try die een delete)

Sal jy my eers kan hoor
As ek my shit verloor?
Man met n megafoon
Maar het ek steeds bly sing…

Maak toe jy oë vir nou,
as hulle kyk na jou.
sal jy my heilig hou?!
Die huis is n gevoel…


Sal jy my dan hoor as ek skree?
Raak hoog op wat jy vir my gee!
As jy my pyn wil stil
Delete dan 6 april
sal Jy, my hoor as ek skree?
Ek skree


Sal jy my eers kan hoor
As ek my stem verloor
Fluister in n kruisverhoor
Hoekom ek? Maar hoekom nie?

Trek my in
Sluit my uit
Sagte honde
Harde byt
Masker oor die suuratofpyp
Hoor jy of wil jy net kyk?!

Sal jy my dan hoor as ek skree?
Raak hoog op wat jy vir my gee!
As jy my pyn wil stil,
Delete dan 6 april.
sal Jy, my hoor as ek skree?
Ek skree

wasem teen die kamer ruit
jou das hang oor jou suurstofpyp
musiek is af koerant kom uit
Ek skree sodat haar stem hier bly

Sal jy my dan hoor as ek skree

Sal jy my dan hoor as ek skree?
Raak hoog op wat jy vir my gee!
As jy my pyn wil stil,
delete dan 6 april.
sal Jy, my hoor as ek skree?
Ek skree

-----------------------------------------------------------

Ons het hierdie musiekvideo geskiet op die pad — toer, optree en wild lewe. Skree is rou, unfiltered en eerlik. Dis ’n stuk van die chaos wat ek saamdra, die verhoogvure wat ons aansteek, en die stilte en wille tye wat volg as die ligte afgaan of die gordyne toe maak

Dis nie net ’n musiekvideo nie — dis ’n momentopname van die lewe op toer. ’n Waas van snelweë, agter-die-skerms oomblikke en ontploffende vertonings, alles vasgeweef deur daardie gevoel dat jy soms net moet skree om gehoor te word.

???? Volledig geskiet tydens toer
???? Lewendig uitgevoer regoor SA
???? Gemaak sonder slaap, net hart


WAT SKREE VIR MY BETEKEN:

Dis een van die persoonlikste liedjies wat ek nog geskryf het. Skree is vir daardie tye waar ek onsiens gevoel het, vir die aande waar ek binnekant geskree het — en niemand het gehoor nie. Dis oor die prys wat jy betaal om iets groters as jouself te jaag — en om steeds te kies om aan te hou.

Dis morsig. Dis hard. Dis eerlik.
Ek het dit geskryf vir enige iemand wat al gevoel het hulle móét skree net om gehoor te word.

???? Dankie Eric Graham vir die mal video : ETG Creative

Alles wat jy in dié track hoor — van die kitare tot die laaste klank in die mix en master — is met trots geskep by Son Studios.

???? Subscribe en sit daai klokkie aan om niks te mis nie.
???? Los vir ons ’n comment: "Wat laat JOU wil skree?"
Category
Zaan Sonnekus
Tags
afrikaans, music video, musiekvideo
Sign in or sign up to post comments.
Be the first to comment